Nog steeds kabeljou

Nog steeds kabeljou

Gansbaai Courant

Dis ma Marinda Groenewald wat hierdie bielie van ‘n kabeljou by Haaiklip gevang het. Seun Brandon help vashou. So lyk ‘n amperbootjie.     

Die teiken sal nog steeds kabeljou wees en daar kan darem deur heelparty hengelaars gespog word in hierdie verband. Moet sê, dis nie heeltemal so eenvoudig nie, want sukses kom deur deursettingsvermoë. Dis die manne wat die kuns bemeester het om die water reg te lees en deur die regte tegniek te gebruik, wat kan spog. Die kans is egter groot dat, indien jy vasbyt, en aanhou, jy ook in hierdie kategorie sal val. Net om die lus ‘n bietjie aan te wakker, word ‘n foto geplaas wat wys hoe ‘n mooi kabeljou lyk en sommer ter illustrasie, hoe lyk ‘n amperbootjie. Baie maal is dit veiliger om met hierdie bootjies vis te vang as met sy groter boetie. Die rede is dat hierdie bootjies maklik op die vangplek kan kom en gouer kan gee pad. Die groter bote moet meestal natuurlik ‘n ompad ry om daar te kom. Wees egter baie versigtig om nie jou hand te oorspeel en dan te lank op die water te bly nie. Rowwe water moet liefs vermy word. Hierdie amperbootjies is regtig mossie, maar man  --  maar hulle ís klein!

Daar word ook mooi vis gevang deur die manne met die lang stokke en daar kan maar gekonsentreer word op die gewone kabeljouplekke. Onnodig om te meld dat ek nou praat van Haaiklip en die Gruis. Daar is darem baie ander hengelplekkies en verlede week het ek van hulle melding gemaak. Kortliks, sorg vir die regte aas, en gooi varkoog waar die ouens vroeg-vroeg heen vertrek (dis nogal moeilik om so ‘n bos visstokke buite die oog te hou). Ook saans wanneer die son water trek sal dit baat om te koekeloer. Goeie raad is om eerder met so iemand te gaan praat indien jy nie seker is waarnatoe nie, en met die regte benadering, en die persoon aan jou kant, gaan dit beslis die moeite werd wees.

Kreef? Baie ouens het opgegee weens die nuwe regulasies, maar die manne wat weer gaan probeer het laat weet dat daar baie is, maar meestal ondermaat. Dis steeds groot plesier om die seeskerpioene self te gaan uithaal, maar hou maar die grootte dop! Die manne met die skerp oë is wel daar naby iewers.

Lekker vang, almal! Seemeeu

Nog steeds kabeljou

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant