Versigtig met jou boot

Versigtig met jou boot

Gansbaai Courant

Die feit dat ‘n boot weer omgedop het laat koue rillings langs jou ruggraat af. Die besef dat dit enigeen kan oorkom, ook vir jóú, is beslis nie ‘n gerusstellende gedagte nie. Ek herhaal  --  dit kan enigeen oorkom! Dus is hierdie artikel nie bedoel om vinger te wys nie, maar daar is tog ‘n paar basiese faktore wat in gedagte gehou kan word en sal help om so iets onwaarskynlik te maak.

Die heel eerste punt is dat jy moet seker maak dat, indien jy nie reeds bekend is met hierdie omgewing nie, baie versigtig moet wees waar jy besluit om met die boot te gaan. Daar is verskeie plekke wat die ou hande jou sal vertel, die water baie bedrieglik is. Juis daarom behoort jy nie sommer te gaan lê by ‘n plek wat op daardie tydstip kalm lyk, en daarom as veilig geag word nie. Almal moet natuurlik versigtig wees, dis net dat die hardebaarde al geleer het waar om  ekstra aandag te skenk en wanneer om waarheen te gaan.

Daar is ook ander faktore om in gedagte te hou. Een daarvan is om jou ankertou so te hanteer dat dit nie ‘n veiligheidsfaktor word nie. Dit alleen sal ‘n vol artikel verg om te behandel. Maar kortweg  --  maak seker daar is altyd speling op die ankerlyn en indien jy die anker moet “afry” doen dit so dat die boot se neus nie onder die water ingetrek word nie. Die ander groot probleem is die kreefnet se tou. So dikwels gebeur dit dat die tou in die “prop” beland en dan moet jy uiters versigtig wees! Dis mos onnodig om te meld dat dit in elk geval te alle tye vermy moet word. Baie maal word die balans nie op die boot gehandhaaf nie omdat almal neig om “te help” deur na die vasgehaakte tou te beweeg. Die skipper behoort beheer oor te neem en self te besluit hoe die situasie hanteer moet word. Hopelik weet hy hoe. Terwyl ons van die kreefnet praat, hou dít in gedagte: Moet nie van ‘n te lang tou gebruik maak nie, hou die stroom dop en moet ook nie dat die ou wat die tou hanteer, dit als tesaam uitlaat nie. Ook met die optrek moet daar mooi opgelet word. In beide gevalle moet die rigting waarin die boot beweeg fyn dopgehou word. Daar moet goeie kommunikasie tussen die skipper en die ou wees wat die kreefnet hanteer.

‘n Ander ding om in gedagte te hou is die diepte van die water. Indien die water skielik baie vlak word  (hou maar die visvinder dop)--  by die lighuis, waar die kreef getrek word is ‘n goeie voorbeeld, want die kans is groot dat jy dan bo-op ‘n groot rif beweeg. Dan is die kans groot vir ‘n breekbrander. So oppas, daar is net nooit genoeg tyd om betyds uit ‘n gevaarlike situasie te kom nie. Maar bly kalm!

Daar kan nog baie hieroor geskryf word, maar dis mos amper nuwe jaar, kom ons ontspan bietjie. Aan almal, ‘n  Gelukkige en Voorspoedige Nuwe Jaar wat voorlê.  Alles van die beste,

Seemeeu

Versigtig met jou boot

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant