Bootklubnuus

Bootklubnuus

Gansbaai Courant

Overberg Bootklub het Saterdag 14 Desember hul jaarlikse Junior dag aangebied. Daar het 10 kinders deelgeneem tussen die ouderdom van 6 – 14 jaar. Die jong hengelaars is 7uur die oggend uit en het teen 12uur die middag die skaal kom besoek. Daar was nou nie “groot” vis by die skaal nie maar ten minste het die meeste ingeweeg.

Agter: Werner van Zyl, Robin Searle, Rebert Dahl, Jan Kotze en Christiaan van Zyl. Voor: Quin Searle, Christof Dahl, Johannes Hanekom, Divan Burger en Morne Nortje

DP Burger, Gustav Groenewald en Richad Searle het gesorg dat die kinders veilig see toe en terug is. Met die hulp van Erik Dahl, Stephen Ashlin en Chris Fourie kon die kinders darem lyn in die water sit en visvang terwyl die 3 manne moes anker trek en hand bysit. 

Die aand was ook Overberg Bootklub se jaar eind funksie. Daar was lekker gekuier gedans en geëet, maar dit was nie al waaroor die aand gegaan het nie. Die prysuitdeling was die hoogtepunt. Die manne en dame is beloon vir hulle groot vangste die afgelope jaar. Die person met die swaarste vis van die jaar is Johan van Zyl met 'n geelbek van net oor die 6 kg en met 'n 3 kg lyn. Mooi so, Johan. Die Top 3 plekke gaan aan die volgende persone: 3de Chris Fourie, 2de Gustav Groenewald en 1ste plek gaan aan Stephen Ashlin. Junior met die swaarste vis was Robert Dahl en top Junior was Werner van Zyl. Sportman en -vrou was Stephen Ashlin en Amanda van Staden. Kom ons hoop dat 2014 nog 'n susesvolle hengeljaar vir almal mag wees.

Baie geluk aan ons nuwe komitee vir 2014. Voorsitter Stephen Ashlin, Onder-voorsitter Gert du Plessis, Sekretaris Marzaan Middelton, Tesourier Riaan van Staden, Kompetisie beampte Erik Dahl Radio en veiligheid Koos de Kock en  Kroegbestuurder Wayne Middelton.

Vlnr: Morne Nortje, Divan Burger en Johannes Hanekom

Bootklubnuus

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant