Wereld se taaiste rubberbootwedvaart vier 26 jaar

Wereld se taaiste rubberbootwedvaart vier 26 jaar

Gansbaai Courant

Verledejaar se wenners van die gemodifiseerdeklas, Dave Barnett en Tjaart Oosthuizen, durf die branders aan.  Foto: Heinrich Sauer

Die Trans Agulhas Uitdaagvaart vir rubberbote is al bestempel as die taaiste en langste rubberbootwedvaart in die wêreld. Vanjaar word dié vaart vir die 26ste keer aangebied en soos gewoonlik sal die jaers, die bote en die enjins tot die uiterste getoets word.

Meer as dertig spanne het reeds ingeskryf vir die 2013-wedvaart wat oor vyf dae en 900km beslis word. Hierdie uitmergelende wedvaart, wat jaarliks aangebied word deur die Agulhas Inflatable Boat Club (AIBC), begin op 28 Desember in Plettenbergbaai en eindig op nuwejaarsdag, 1 Januarie, by Strand.

Toe Sparks Esterhuyzen, bekende inwoner van Hermanus, die eerstekeer met die idee vorendag gekom het om dié rubbertbootresies aan te bied, het baie mense die idee afgeskiet en gesê dit is veels te gevaarlik en haas onmoontlik. Ten spyte van talle waarskuwings, het drie spanne vir die eerste Trans Agulhas Uitdaagvaart in 1988 ingeskryf. Vandag, 26 jaar later, is die wedvaart nog net so gewild soos in die vroeër jare met baie spanne wat jaar ná jaar inskryf.

Die spanne kan vir een van vier klasse inskryf: die standaardklas; die nuweling-standaardklas; die professioneleklas en die gemodifiseerdeklas.

Die wenners van die 2012-wedren het almal aangedui dat hulle weer vanjaar die branders gaan aandurf. Hulle is J Matthee en M van Geems (standaardklas-wenners, geborg deur Van Loveren); Peter Groenenstein en Nichol Parr (nuweling-standaardklas-wenners, geborg deur Valumax, Amigos en Excellparts); Wimpie Ackermann en Whitey Louw (professioneleklas-wenners, geborg deur Imperial Cargo); en Dave Barnett en Tjaart Oosthuizen (gemodifiseerdeklas-wenners).

Elf spanne het vanjaar vir die eerste keer vir die Trans Agulhas-uitdaging ingeskryf en hulle sal almal meeding in die nuweling-klas. Verledejaar se wenspan, bestaande uit Peter Groenenstein en Nichol Parr van Gordonsbaai, sal vanjaar in die standaardklas deelneem.

Die bote moet elke dag verskeie kontrolepunte bereik voordat hulle na die eindpunt kan beweeg. Op dag een, skof een (28 Desember) begin die wedvaart by Hobie-strand en eindig dit by Santos-strand in Mosselbaai. Die strand-kontrolepunte op die roete is by Swartvlei, Wildernis, Glentana, Grootbrak-rivier en Kleinbrakrivier.

Die eersteskof is die langste van die resies en strek oor 189km.

Op dag twee (29 Desember) vertrek die bote van Mosselbaai na Stilbaai. Hulle moet by Vleesbaai en Gouritsriviermond se strande aandoen voordat hulle na die eindpunt kan jaag. Dag twee se skof is 86km.

Op dag drie op 30 Desember word ‘n afstand van 161km afgelê. Die spanne trek die oggend weg uit Stilbaai, vanwaar hulle aandoen by Witsand en Waenhuiskrans voordat hulle by Struisbaai op die hoofstrand eindig.

Die vierde en vyfdeskof vind plaas op oujaarsdag. Die bote sal uit Struisbaai vertrek en aandoen by Die Damme, Pearly Beach en Uilenskraalmond voordat hulle by Hermanus se ouhawe eindig. Ná die Koning van die Branders-kompetisie het die spanne ‘n paar ure om herstel- en instandhoudingswerk te doen voordat hulle vir die aandresies aanmeld in Gansbaai. Die aandresies eindig by Hermanus se nuwehawe. Die afstand wat op dag vier afgelê word is 135km.

Die finale skof van die 2013/14 Trans Agulhas Uitdaagvaart oor 131km begin om 09:00 by Hermanus se nuwehawe. Die spanne moet by Onrus, Kleinmond en Pringlebaai aandoen voordat hulle Strand se kant toe mik. Maar eers moet hulle ‘n finale “verby-jaag”-kontrolepunt by Gordonsbaai se hawe doen voordat hulle na die eindpunt op Strand kan jaag.

‘n Feestelike atmosfeer sal by elke oornagpunt heers met die sanger Andries Vermeulen wat die skare op die strand by elke eindpunt sal vermaak terwyl die bote ingewag word. Elke dag om 13:00 vind ‘n Koning van die Branders-kompetisie plaas wat gewoonlik duisende toeskouers lok.

Vir meer inligting oor die wedvaart, besoek die webwerf www.trans-agulhas.com. 

Wereld se taaiste rubberbootwedvaart vier 26 jaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant