Elim Tehuis besoek De Kelders tuine

Elim Tehuis besoek De Kelders tuine

Gansbaai Courant

Een van Elim Tehuis se twee groepe personeellede tydens hulle besoek aan Albert en Marie Potgieter van De Kelders se “Fantasie Tuin”

Twee groepe personeellede van Elim Tehuis het onderskeidelik op 28 November en 5 Desember twee van De Kelders se bekende tuine besoek.

Eers het hulle Albert en Marie Potgieter se “Fantasie Tuin” besoek en daarna was Coenie en Christa se “Plaastuin” aan die beurt. In ‘n bedankingsbrief spreek Elim Tehuis se Direkteur, Lesinda Cunningham, haar opregte waardering uit vir die toegelate besoeke en meld dat die personeellede die besoeke as ‘n groot voorreg beskou het en dit baie geniet het. Altwee hierdie egpare het in die verlede al verskeie pryse tydens Overberg Agri se jaarlikse Tuinkompetisies verower. Onlangs is Albert en Marie weer as 2013 se “Waterwise Garden”-wenners van die 2013 Overberg Agri Tuinkompetisie aangewys.

Hardus Botha

Elim Tehuis besoek De Kelders tuine

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant