Visregte

Visregte

Gansbaai Courant

Die toedrag van sake aangaande die visregte kan net as ‘n gemors beskryf word. Die feit dat baie mense slegs op hoogte kan kom van hoe dinge ontwikkel deur berigte in koerante en oor die radio of die TV, is baie jammer. Die gebrek aan behoorlike kommunikasie wat die hele proses voorafgegaan het het dinge nie verbeter nie. Baie betrokkenes weet selfs nou nog nie wat gaan gebeur nie en moet maar staat maak op die vergaderings wat klarigheid mag bring. Die vergaderings alleen gaan baie mense egter nie gerusstel nie en die kommer is groot vir die wat afhanklik is van vis vang as beroep om kos op die tafel te kry. Ons vertrou dat wat gaan ontwikkel uit al hierdie woelinge, daar eerstens klarigheid en tweedens aanvaarding en uitkoms gaan wees. In die toekoms sal dinge hopelik anders gedoen word.

Die watertemperatuur was vir ‘n hele rukkie baie laag (selfs hier by 10, 11 grade). Dis verbasend dat daar in hierdie omstandighede heelwat kabeljou gevang is --  beide met die lang stokke en ook veral vanaf die amperbootjies. Gelukkig was die wind nie onaardig vir hierdie vangery nie en ‘n groot voordeel natuurlik, die kleur van die water. Hierdie tyd van die jaar is dit soort van die in-ding om te doen, ons konsentreer op kabeljou en almal verwag dit! Daar is ook heelwat steenbras gevang en so tussen-in van die ander spesies. Op die oomblik is die watertemperatuur in die omgewing van 16, 17 grade en dit lyk asof die vis, ook in die dieper water, dit besef. Vangste van mooi hotties word gedoen met so tussenin skynsels van rooi. Hierdie romanne is nie baie volop nie, maar darem ook nie almal klein nie.

Met die skryf van hierdie artikel word sterker winde en reënweer voorspel. Dit kan dinge natuurlik weer verander. Dit kan ook op die ou einde ‘n verbetering beteken. Gooi maar varkoog.

Die vakansiegangers se tydjie hier by ons loop nou ten einde. Aan almal word ‘n veilige terugreis toegewens. Ry versigtig, wees bedagsaam en geduldig. Dankie vir julle teenwoordigheid en ons sien julle weer volgende keer.

Groete, Seemeeu

Visregte

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant