Suksesvolle Halfmarathon

Suksesvolle Halfmarathon

Gansbaai Courant

Vanjaar se Halfmarathon wat jaarliks deur die Gansbaai Lionsklub gereël word, het lankal reeds ‘n instelling op Oujaarsdag geword. “’n Totaal van 1,035 atlete het vir die drie onderskeie kategorieë ingeskryf,” het Jan le Roux, een van die organiseerders, gesê. Die onderskeie kategorieë is die 5km pretdraf vir gesinne met 327 inskrywings, die 10km met 324 inskrywings en die halfmarathon van 21.1km met 384 inskrywings. Die hoogtepunt van die dag is die strawwe 21.1km Halfmarathon.

Marc du Plessis van Gansbaai Fotografieklub se seun, Eugene Wood

Eerste plekke in hierdie kategorie is soos volg: Dames (Juniors) - Ebeth Marais (1.34); Dames (40-49) - Heather Walden (1.43); Dames (50-59) - Mienie Murray (1.43); Dames (60-69) - Gerda van der Merwe (2.17). Mans (Juniors) - Ulrich Lategan (2.03); Mans (40-49) - Tsungai Mhengenio (1.14); Mans (50-59) - Peter Sauls (1.19); Mans (60-69) - Sybrand du Plessis (1.55); Mans (70+) - Riel Hugo (2.35).

Die borge (alfabeties) is: Birkenhead Brouery, Blue Goose Restaurant, Carwash @ Gansbaai, Frikkie Zeelie en span, Fynbos Shoppe, Gansbaai Sport & Tackle, Heidi Visser (P.A. Sisteem), Hermanus Liquors, Indulge Coffee Shop, JLR & Associates Argitekte, Kleinbaai Superette, Lighthouse Tavern, NG Kerk Pearly Beach (Tent), Overstrand Medical Response (Mediese hulp en bystand), Pieter Deon Interiors, PrimeCut Meats, Primeland Mark Estates, Romansbaai Ontwik-keling (1 waterpunt), Rosemary Restaurant, Sharklady, Sharky’s Pizza, Supa Quick Car & Boat Wash, Tolbos Bistro, Tony Blakenberg en span (verkeersreëlings), Tuscany Coffee Shop, Walkerbay Drankwinkel, Walkerbay Wines, Wessel Lombard van Toshiba (Inskrywingsvorms), Whalers Atletiekklub en White Shark Diving Company.

“Dan ook ‘n groot dankie aan die Lions en hul familielede, vrywillige helpers en organiseerders, asook almal wat waterpunte beman het,” sê Boats van Staden, Lionpresident.

Hardus Botha

Suksesvolle Halfmarathon

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant