Suksesvolle Boxing Day Hengelkompetisie

Suksesvolle Boxing Day Hengelkompetisie

Gansbaai Courant

Die wenspan, Die Broers, met vlnr Wikkie van Dyk, Deon Mostert, Deon Strydom en Hannes Smuts

Overberg Kushengel Klub het ná die suksesvolle kompetisie van 2012 besluit om dit ‘n jaarlikse instelling te maak en die onlangse kompetisie was ‘n voortsetting van die suksesverhaal,” sê Frans Claassen, voorsitter van die klub.

Inskrywings vir vanjaar se kompetisie het met 60% gestyg - van 25 spanne in 2012 tot 40 spanne in 2013. Frans sê elke span bestaan uit 4 hengelaars en hierdie kompetisie fokus hoofsaaklik op spanprestasies, alhoewel daar ook verskeie pryse vir individuele prestasies was, asook verskeie geluktrekkings.

Meer as R25,000 se pryse was vanjaar op die spel. “Goeie vangstes is gemaak en in totaal is 119.3kg vis ingeweeg, met spesies soos kabeljou, steenbras, belman, elf en hottentot wat ingeweeg is,” sê Frans.

Die swaarste vis vir die dag was ‘n kabeljou van 8.32kg wat deur Deon Mostert ingeweeg is, met die swaarste witsteenbras van 3.38kg wat deur Jaco van Dyk ingeweeg is. Die klub is ook vanjaar met die teenwoordigheid van SA Kushengel se rekordbeampte, Thys Kemp, vereer, wat behulpsaam was. Dan het die bekende Protea-hengelaar, Johan van der Westhuizen, ook sy staal gewys.

Die inweegproses en prysuitdeling is goed deur meer as 250 toeskouers ondersteun.

Die finale spanuitslae is soos volg: 1ste plek - Die Broers (Wikkie van Dyk, Deon Mostert, Deon Strydom en Hannes Smuts); 2de plek - Da-hang-hy (Danie Nel, Danie Nel jnr, Rudie Eksteen en Thys Bester); 3de plek - Pescadores (Marais van Zyl, Johan van der Westhuizen, Pikkie en Jaco).

Die volgende borge word van harte bedank: White Shark Tours, Geyser Island Tours, Gansbaai Superspar, Boetie Otto, Battery Centre Brackenfell, Oppidek Pub & Bistro, Gansbaai Car & Boat Wash, Gansbaai Sport & Tackle, Kleinmond Tackle, Usave Gansbaai, Knapsak, Gansbaai Apteek, Aqua Angel, Salon Janine, The Boathouse Restaurant, Fish Fever, Walker Bay Liquor, Hermanus Liquor, OK Foods Gansbaai, Super Photo Kodak Express en Hair Tizelle.

Die reëlingskomitee bestaande uit Leibrandt van Niekerk, Maynard van Niekerk, Rian Conradie en Frans Claassen word ook opreg bedank vir die reuse werk wat deur hulle verrig is. “Volgende jaar se mikpunt is sowat 100 spanne,” sê Frans. 

Hardus Botha

Suksesvolle Boxing Day Hengelkompetisie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant