In rolbalkringe is daar ‘n gesegde dat dit nooit op die rolbalperk reën nie. Wel op 7 Januarie 2014 toe ‘n geslote gemengde driespeltoernooi aangebied is, moes die verbeelding taamlik gerek word om aan hierdie geloof gestand te doen, want die dag het reënerig begin toe spel begin et. Die spelers het egter vasgebyt en reën klere van alle kleure is ingespan om die lywe droog te hou. Dit het nogal ‘n kleurvolle prentjie geskep.
Omstandighede was aanvanklik moeilik, maar gaandeweg het dit beter gegaan. Teen die middag het die reën weggebly en kon die toernooi voltooi word, al was dit nodig om die getal skofte per wedstryd te verminder.
Uiteindelik was dit die span van Tommie van Niekerk, Jane de Villiers en Chris Malec wat die omstandighede die beste baasgeraak en gewen het. Tweede was Hettie Lass, Pieter Conradie en Marie Pretorius en in die derde plek Piet du Toit,
Dit het gereën, maar dit is alweer vergete.
Pieter Conradie
Vlnr: Chris Malec, Tommie van Niekerk, Jane de Villiers, Ivan Giles (President)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More