Black Leaves Rugby Klub hou verkiesing

 Black Leaves Rugby Klub hou verkiesing

Gansbaai Courant

Die plaaslike klub het Maandagaand sy nuwe bestuurslede gekies. Die vergadering wat in 'n goeie gees gehou is kon toe 'n verkiesing hou sonder enige vertragings. Ons wil tog net 'n beroep doen aan ons medespelers in die dorp dat daar vakante poste beskikbaar gestel is vir enigeen wat belangstel om op die bestuur te wil dien. Ons wil graag 'n nie-rassige bestuur hê. Daarom nooi ons julle om deel te kom word van die bestuur. Aansoek kan ook ingedien word vir afrigtersposte vir eerste tot derde span voor Dinsdagaand se bestuursvergade-ring om 18h00.

Die nuwe bestuur is:

Mnr John Jacobs (Voorsitter)

Mev Suzaan Hans (Sekretaresse)

Mnr Willem Slabbert (Kassier)

Mnr Mike Dunsdon (Addisioneel)

Mnr Andre Felix (Addisioneel)

Vakante poste is: Onder-Voorsitter, Sekretaris, Hulp-kassier, Span bestuurder, Afrigters en Keurkomitee.

Indien u belangstel in enige van die poste kontak die voorsitter Jacobs vroegtydig. Ons nooi ook besighede in die dorp uit om saam met die klub 'n vennootskap te bou en so die sport te help ontwikkel. Dra by tot die bevordering en ontwikkeling van ons dorp se kinders.

Vir enige navrae kan John Jacobs geskakel word by 028 384 2241 / 073 117 5845.

 Black Leaves Rugby Klub hou verkiesing

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant