OBK mag maar spog

OBK mag maar spog

Gansbaai Courant

Anton Kriel van die Overberg Boothengelklub met sy yslike Steenbras (8kg)

Die Overberg Boothengel-klub (OBK) het tydens hulle eerste boothengelkompetisie vir 2014 op 18 Januarie uitstekend gevaar.

“Ons het die jaar met ‘n interklubkompetisie tussen die OBK en die Birkenhead Boothengelklub (BBK) afgeskop, die eerste van 5 soda-nige kompetisies,” vertel Riaan van Staden van OBK. “Die weer was goed en die vangstes nog beter.” Die bemanning van die 10 bote wat uitgevaar het, het die dag terdeë geniet, asook die gesellige saamkuier by die inweegskaal.

“Die manne is vroegdag, 6-uur, see toe en ek verstaan daar was van die skippers wat baie rondgevaar het en dit was moeilik vir sommiges om 1kg visse te kry.” Lyne is teen 16:00 op-getrek en die skaal was reeds vanaf 15:00 beskikbaar. Riaan sê hulle was verras deur die aantal mooi Wit Steenbras wat ingeweeg is, veral toe Bev Swart van die BBK sy Wit Steenbras van 5.3kg eerste kom inweeg wat hulle die voortou laat neem het. Daarna het die Birkenheaders ‘n Roman van 1.35kg en ‘n Kabeljou van 1.8kg skaal toe gebring, maar hulle voorsprong is daarna verbygesteek.

Die OBK se twee knap juniors het kom inweeg: Werner van Zyl met ‘n Hottentot (1.1kg), Divan Burger met ‘n Geelbek (3.75kg) en Christof Dahl met ‘n Steenbras (4.65kg). Die top boot was Marne met skipper Wayne Middelton. Sy bemanning het 4 spesies gevang: 3 Gurnets, 1 Geelbek (2.25kg) en ‘n Steenbras (5.0kg). Eric Dahl het ‘n 4.2kg Steenbras ingeweeg, Lukas Holtzhau-sen en Gert du Plessis elk ‘n Hottentot en ‘n Kabeljou, met Amanda van Staden wat ook ‘n stewige Hottentot ingeweeg het.

“Toe kom daar die groot een,” sê Riaan. “Anton Kriel stap nader met net een vis in sy visbak - ‘n allemintige Wit Steenbras van 8.0kg!” Gelukkig kon die hengelaars darem ná so ‘n lang en bedrywige dag op see iets te ete kry, asook ‘n “koeligheid” vir die keel om die dag mee af te sluit. “Dankie aan almal se deelname wat tot die sukses bygedra het en dit was lekker om almal daar te sien.”

Die volgende gesamentlike kompetisie is eers weer in April, waar almal by die BBK sal aanmeld. OBK se volgende kompetisie is op 8 Februarie te Struisbaai. Navrae rakende die OBK kan aan Riaan van Staden by 082-929-8688 gerig word.

 Hardus Botha

OBK mag maar spog

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant