Gholfuitslae

Gholfuitslae

Gansbaai Courant

Daan Victor (vise-kaptein), Solly Wessels, Rene Myburgh (borg), George Hunt, Kosie Myburgh (borg) en Rob Jerrard

Die gholflede van Gansbaai Gholfklub voel saam met Eric Haxton wat sy vader verlede week verloor het. Ons goeie wense vergesel jou en jou familie.

Woensdag 15 Januarie

Die kompetisie is op ‘n windlose dag gespeel maar of dít die rede was vir die buitensporige hoë tellings of net die goeie toestand van die setperke sal ons maar net moet raai.

Die Sloegters is  deur Frikkie van Eeden(47) gewen. Hoe’s daai? Tweede was Tony Sauter (44) gevolg deur Paul Dippenaar en Daan Victor (albei 43 punte). AL Matthee, DawieViljoen en Sextus Neethling het nog almal bo 40 punte gehad. Geluk aan Tony Putzi met sy bruto van 75 en Daniël van der merwe met sy uitstekende 71 bruto. Sextus behaal ‘n arend op no. 16. Naaste aan die penne was Paul Dippenaar (2&11) Sextus Neethling (8&17) en Rob Jerrard (15).

Vrydag 17 Januarie

Die hoenderkompetisie is deur Andre Gouws met 19 punte gewen. Hy het ook naaste aan die pen gewen. Tweede was George Hunt (19) en derde Jannie Brandt met 18 punte.

Saterdag 18 Januarie

Weer eens baie dankie aan Kosie en Rene Myburgh wat die Bakgatbrandewynparadysfontein Kompetisie aange-bied en geborg het.

Hierdie dag word al jare  deur die twee geborg. Kosie is nog ‘n vol lid hier by ons en Rene ‘n buitelid. Dit was ‘n baie suksesvolle dag met weer eens baie goeie resultate.

Die uitslae as volg: Solly Wessels 43 (bruto 80) en naaste aan pen (2 & 11), George Hunt 42  (bruto 80), Rob Jerrard 41,  Tony Putzi 40. Jan Le Roux en DawieViljoen het gevolg met 39 punte elk.

Gholfuitslae

Jannie Brandt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant