Die polisie het Maandag omstreeks 13:55 van 'n anonieme persoon inligting ontvang dat daar 'n besending Mandrax te Masakhane, Gansbaai, by 'n sekere adres afgelaai is. Volgens die mediabeampte, Adj Off CW le Roux, is die inligting baie vinnig opgevolg en is die perseel binne minute gevisenteer. Die verdagte het die hele tyd senuweeagtig voorgekom. Konst H Marais het 'n los stukkie plank van die muur van die hok verwyder waarop hy 'n wit plastieksak gesien en uitgehaal het. Die sak is oopgemaak en 58 stoppe Dagga en 7½ Mandrax tablette gevind. Die vrou se regte is aan haar voorgelees en sy is gearresteer met die aankoms by die plaaslike polisiestasie. Sy is deur Konst (v) A Testa ondersoek en nog 30 Mandrax tablette en 'n groot bedrag geld is op 'n ongemaklike plek by haar gevind. Die vrou verskyn eersdaags in die Hermanus Landdroshof. Die lede word geprys vir hulle vinnige en flinke optrede.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More