Michelle le Roux, hoofmeisie van 2012 (foto bo saam met Tommy Wilson (links), skoolhoof van Gansbaai Academia), het in 2013 die Nasioale toekenning gekry as die beste Ground – Breaker vir Lovelife.
Die National Youth Development Agency en Lovelife is baie trots om aan te kondig dat as ‘n deel van ‘n vennootskap met Agence du Service Civique – ‘n Franse organisasie verantwoordelik vir vrywillige gemeenskapsdiens. 10 Lovelife Groundbreakers van die Wes-Kaap is gekies om deel te neem aan ‘n ses maande uitruil program tussen Frankryk en Suid-Afrika. Die NYDA befonds die inisiatief en alle reiskostes word deur hulle betaal. Die doel van die program is om vaardighede te ontwikkel en ‘n kultuur van diens aan die Suid-Afrikaanse jeug. Met die ondersteuning van die Ambassade van Frankryk en die Alliance Francaise, ‘n NGO, het hulle die doel om die Franse taal en kultuur te bevorder. Die NYDA het alreeds begin om Franse lesse aan die Groundbreakers an te bied. Die program is gemik op die jeug wat alreeds in die gemeenskap werksaam is.
Lovelife Groundbreakers werk ‘n volle jaar as ‘n leier in die land se grootste MIV/VIGS voorkomings inisiatief vir jong mense in 880 verskillende gemeenskappe oor die land. Groundbreakers is motiveerders vir die jonger geslag om MIV/VIGS onder die jeug te voorkom.
Ons by Gansbaai Academia is baie trots op Michelle wat gekies is as een van die Groubdbreakers wat gekies is om Frankryk toe te gaan. Sy volstaan voorwaar ons leuse – “Spread your Wings”.
Liezel Mostert
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More