Gholfuitslae

Gholfuitslae

Gansbaai Courant

VERJAARSDAE IN FEBRUARIE

S  Donnelly (4), J Muller (9), Z de Beer jnr (9), C de  Kock (1), D Fourie (18), Solly Wessels (20), V Pearson (21), Louis van der Vuyver (26) en Cecile Hanekom (27). Baie geluk aan julle almal.

 WOENSDAG 29 Jan 2014

Die Sloegterskompetisie is deur Sextus Neethling met ‘n wentelling van 41 punte gewen. Tweede was Jack Mac met 39. Die derde en vierde plekke is ingeneem deur Jacques Nell(39) en George Hunt (37), gevolg deur Lambert Smith (37), Steve Muller (36)  en Bev Swart (36).

Spog twees aangeteken deur Daan Victor, Christo Spanellis, Johan Pieterse en Jacques Nell. Naaste aan penne: George Hunt (2 & 11) en Tony Sauter (8 & 17). Sextus Neethling wen die Jackpot.

VRYDAG HOENDER KOMPETISIE

Sextus Neethling(20), Jacques Nell (20) en Solly Wessels stap weg met al die pryse.

Saterdag IPS

Piet le Roux het die jongmanne gewys hoe om te wen. Baie geluk. Die wind was gedoriewaar nie baie vriendelik nie. Hy het 36 punte gehad. Bev Swart (35), John Thompson (34) en C Bailey (34) het gevolg. Spog twees: John Thompson, Clive Bailey en T Roodman.

Die Sloegters is deur Frikkie van Eeden(47) gewen. Hoe’s daai? Tweede was Tony Sauter (44)  gevolg deur Paul Dippenaar en Daan Victor (albei 43 punte). AL Matthee, DawieViljoen en Sextus Neethling het nog almal bo 40 punte gehad. Geluk aan Tony Putzi met sy bruto van 75 en Daniël van der Merwe met sy uitstekende 71 bruto. Sextus behaal ‘n arend op no 16. Naaste aan die penne was Paul Dippenaar (2&11), Sextus Neethling (8&17) en Rob Jerrard (15).

VRYDAG 17 JANUARIE

Die hoenderkompetisie is deur Andre Gouws met 19 punte gewen. Hy het ook naaste aan die pen gewen. Tweede was George Hunt (19) en derde Jannie Brandt met 18 punte.

SATERDAG 18 JANUARIE

Weer eens baie dankie aan Kosie en Rene Myburgh wat die Bakgatbrandewynparadysfontein Kompetisie aangebied en geborg het.

Hierdie dag word al jare deur die twee geborg. Kosie is nog ‘n vol lid hier by ons en Rene ‘n buitelid. Dit was ‘n baie suksesvolle dag met weereens baie goeie resultate.

Die uitslae as volg: Solly Wessels 43 (Bruto 80) en naaste aan pen (2 & 11), George Hunt 42  (bruto 80), Rob Jerrard 41   en Tony Putzi 40. Jan Le Roux en Dawie Viljoen het gevolg met 39 punte elk.

Gholfuitslae

Jannie Brandt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant