Prestige aand vir Kushengelaars

Prestige aand vir Kushengelaars

Gansbaai Courant

2013 se Kushengelkampioene, met voor vlnr Eldo Marais, Oubaas Lesch, Frans Claassen (voorsitter) en Morné Olivier. Agter vlnr Jan de Kock, Gustav Groenewald, Louis Otto, Sihan Toua, Riaan van Staden en Maynard van Niekerk (Jnr)

Die Overberg Kushengelklub se prestige jaareind- en prysuitdelingsfunksie is deur groot opwinding en geselligheid gekenmerk. “Ons klub is maar net twee jaar oud, maar dit het met rasse skredes gegroei,” het voorsitter Frans Claassen gesê.

Die hoogtepunt van die jaareindfunksie was natuurlik die bekendmaking van 2013 se kushengelkampioene en die oorhandiging van welverdiende sertifikate en trofeë deur Frans.
Nuwe klubrekords is vir die volgende visspesies aangeteken: Belman (Gustav Groenewald; Kolstert (Maynard van Niekerk Jnr); Cape Moony (Arnold van der Merwe); Hottentot (Riaan van Staden); Wildeperd (Jan de Kock); Kabeljou (Eldo Marais); Witsteenbras (Oubaas Lesch). 2013 se trotse Trofeë-wenners is: Grootste Galjoen - 1.97kg (Oubaas Lesch); Grootste Kabeljou - 6.7kg (Eldo Marais); Grootste Steenbras - 12.78kg (Oubaas Lesch); Voorsitterstrofee (Maynard van Niekerk Snr); Meeste Gewig - 53kg (Oubaas Lesch); Derde plek (Louis Otto); Reserwe Kampioen (Morné Olivier); Kampioen Hengelaar (Oubaas Lesch).

“Dit is ook vir my ‘n groot voorreg om ons se eerste Klub 50 se orde-toekenning aan te kondig - Oubaas Lesch,” het Frans trots gesê. “Oubaas is die eerste persoon wat tot hierdie orde toegelaat is, nadat hy reeds vroeg in die jaar meer as 50kg vis gedurende klubkompetisies gevang het.” Frans het gesê die volgende mikpunt van die klub is Klub 100, gevolg deur Klub 250, Klub 500 en Klub 750 tot by Klub 1,000.

Tydens die jaarvergadering is daar ook besluit op die instelling van ‘n 10-spesie kompetisie wat dwarsdeur die jaar gehengel gaan word en waaraan almal, ook nie-klublede, sal kan deelneem. Nadat die formaliteite en prysoorhandigings afgehandel is, is daar heerlik aan Gesie Nel, Athely Viljoen en Karin Otto se smaaklike disse gesmul. Daarna was dit net gesellig saamkuier, met die jeukende dansvoete wat tot laataand op die dansvloer gekrap kon word.

Vir navrae rakende Overberg Kushengelklub kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Prestige aand vir Kushengelaars

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant