Me Carien Fortuin, waarnemende adjunkhoof (Gr 12 graadhoof) en mnr Tommy Wilson, prinsipaal
Donderdag 6 Februarie tydens ‘n toekennings geleentheid in Caledon was Academia op die voorgrond. Die skool het distriks toekennings gekry vir Die Skool wat Volgehoue Verbetering in die Algehele Verbetering toon en ‘n tweede toekenning vir Skool wat Prysenswaardige Prestasie illustreer in algehele Prestasie.
Die Direkteurs Toekenning het aan Bianca de Koning (hoofdogter 2013) gegaan vir uitsonderlike prestasie onder moeilike omstandighede.
Die visie wat deur die prinsipaal, mnr Tommy Wilson, vir die skool het, begin al hoe meer ‘n werklikheid word as ‘n Skool van Uitnemendheid. Die skool bied onderrig op ‘n hoë vlak en kan kompeteer met van die beste skole in die distrik.
Liezel Mostert
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More