Goeie vangstes vir Birkenheaders

Goeie vangstes vir Birkenheaders

Gansbaai Courant

Die twee uitblinkers in Februarie se Birkenhead Boothengel-kompetisie, met vlnr Johan Burmeister en Gawie Krugel

Ondanks ‘n ongemaklike wind en net drie bote wat ingeskryf het, het die boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub op 15 Februarie 2014 redelik suksesvol verloop. Al drie bote, met ‘n totale bemanning van 11, het ingeweeg. Nege verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis wat ingeweeg is, was 104 met 'n totale massa van 51.85kg, wat ‘n gemiddeld van 4.71kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Gawie Krugel en Johan Burmeister (Hottentot - 1.15kg); 2de Swaarste vis, Gawie Krugel en Johan Burmeister (Hottentot - 1kg); Swaarste sak, Johan Burmeister (10.68 punte); 2de Swaarste sak, Gawie Krugel (9.75 punte); Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (10.94 punte); 2de Swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (5.53 punte). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (12.74kg / 17.83 punte); Relêks 2 van Jean Downing (9.57kg / 11.99 punte); Bella Me van Bev Swart (8.87kg / 9.64 punte). Mans Visvangkampioene - Bev Swart (12.98 punte); Henri Punt (6.99 punte); Steve Muller (6.50 punte); Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (5.45 punte). Hierdie kompetisie is deur Gawie Krugel van GG Krugel Konstruksie en Projekbestuur geborg.

Kennis moet geneem word dat boothengelkompetisies nie meer noodwendig op die 1ste Saterdag van elke maand plaasvind nie.

Die volgende boothengelkompetisie is vir 8 Maart 2014 geskeduleer. Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Hardus Botha

Goeie vangstes vir Birkenheaders

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant