Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Courant

WOENSDAG 12 FEBRUARIE  

SLOEGTERS KOMPETISIE

Hierdie kompetisie word vir die hele jaar elke Woensdag gespeel, en aan die einde van die jaar word die eerste tien spelers vergoed vir hulle harde werk (plesier) deur die jaar.

1. J Nell 43 ( Bruto 75 vanaf 10 voorgee)

2. D Victor 39

3. Rob Jerrard 37

4. Solly Wessels 36

5. G Hunt 36 

Nearest the pins George Hunt (2 & 11), Daniel van der Merwe (8 & 17) en Solly Wessels (15).

VRYDAG 14 FEBRUARIE

HOENDERKOMPETISIE

Hierdie kompetisie word elke Vrydag gespeel oor nege gate.

Die OK se "vouchers" word hier gebruik.

1.  F van Eeden (18) 2. L Hattingh (17) 3. G Hunt (16) 

WAT 'N DAG WAS DIT NIE VIR ANDRE ROOS NIE.  HY HET 'N VOLMAAKTE HOU OP PUTJIE NO 17 GESLAAN. BETER BEKEND AS 'N "HOLE-IN-ONE" BAIE GELUK AAN HOM. DIT HET HOM 'N PAAR RAND UIT DIE SAK GEJAAG. 

SATERDAG 15 FEBRUARIE

Dit was 'n Betterball kompetisie en hier speel die regte kombinasie van maats wat saamspeel baie. Bobby Brandt en Wilmeen Harries was so 'n kombinasie en het die dag met 47 punte gewen. Piet le Roux en Bertie Laubscher was tweede ook met 47 punte.   Louis van der Vywer en 'n oorsese besoeker, J Hartshorn was derde met 46 punte. Andre Oosthuizen en EL Matthee asook Lambert Smith en D Bul het gevolg met 44 punte. 

Gholfnuus en groete, Jannie Brandt

Gansbaai Gholfnuus

Jannie Brandt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant