Die enorme “Herbert Squash” van Lu-Allen Pieterse van B’Bos
Dit is weer basaartyd op Baardskeerdersbos en “kom net effens laat, dan is dit neusie verby met vele items!” Hierdie jaarlikse en gewilde basaar van B’Bos se NG-gemeente is eerskomende Saterdag, 8 Maart en begin 09:00 die oggend. Dit vind plaas by die NG Kerk Baardskeerdersbos en vele tradisionele boeremark-produkte en veel meer sal beskikbaar wees. Daan Fourie van Baardskeerdersbos vertel van Lu-Allen Pieterse wat ‘n enorme “Herbert Squash” aan die basaar geskenk het. “Lu-Allen was voorheen ernstig by die gebruik van dagga en tik betrokke,” vertel Daan.
“Na ‘n oordosis van dwelms, wat hom bykans sy lewe gekos het, is hy in Caledon opgeneem, waar hy volkome herstel het.” Daan het vir hom spasie vir ‘n groentetuin aangebied, waar Lu-Allen sedertdien hard besig is daarmee. Die “Herbert Squash” is een van die eerste pitte wat hy geplant het en hy het besluit om dit aan die B’Bos Basaar te skenk. Die enorme pampoen is 1,430cm in omtrek en weeg ‘n volle 30kg.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More