Hy sal weet

Hy sal weet

Gansbaai Courant

Kyk ‘n bietjie twee keer na die man wat jy nou net gevra het, “Dink jy die vis gaan byt?” Indien jy sy mening respekteer en kan staat maak daarop, neem die volgende faktore in ag en dink weer waarom hierdie stelling gewig dra.

Kom ons praat van kabeljou wat hier kort voor Desember by Haaiklip gevind kan word en dan later die jaar dieper see in verdwyn. Of miskien van die silwervis wat so Juniemaand by plekke soos die Haaibank sal ronddraai. Die hotties weet ons almal, se tyd is ook kwepertyd, of dan so Februarie/Maartmaand omtrent. Dan is daar die somergeelbek en ook die wintergeelbek (hoewel dit dalk dieselfde visse is wat maar self  besluit of hulle van winter of somer hou). Teen Desember kan ons snoek vang wat daardie tyd gaan verskyn, maar nie dan in die beste kondisie sal wees nie. So kan ons aangaan en ook dink aan geelstert wat soms moeiliker is om vas te lê in ‘n definitiewe patroon. Vis soos rooistompneus is redelik deur die jaar beskikbaar.

Kom ons verwys nou na die volgende faktore wat al hierdie voorspellings beinvloed en wat dit moeilik maak om dag na dag in gedagte te hou wanneer die vraag kom, “gaan die vis vandag byt?”

Die weer. Sekerlik die grootste oorweging. Die water. Is dit byvoorbeeld springgety? Hoogwater of laagwater  moet in gedagte gehou word . Al hierdie faktore beinvloed die see en dan moet ook gekyk word na hoe die water self lyk. Is dit skoon, vuil, trekkerig? As jy vir galjoen gaan soek, weet jy darem die water moet lewendig wees en  beslis nie skoon nie, en skuimerig. Vir kabeljou soek jy gekleurde water.

Dis maar van die goed wat in gedagte gehou moet word. Jy moet ook weet watter wind behoort te waai  -- en watter wind  waai die afgelope paar dae al! Watter wind veroorsaak koue water en wanneer word die water warmer. En onthou ook dat daardie selfde wind, wanneer hy te lank aanhou  waai, die teenoorgestelde effek gaan hê.

Dit is mos duidelik dat die man wat al hierdie faktore in gedagte moet hou en steeds ‘n voorspelling kan maak waarop gereken kan word, ‘n baie spesiale talent moet hê. Na al die jare van hengel is dit iets waarmee ek nog sukkel en juis daarom het ek baie bewondering wanneer ek so iemand raakloop. Dan sal hy boonop weet watter aas in watter weersomstandighede die regte keuse sal wees. Van ons hardebaarde hier voldoen beslis aan hierdie kriteria en onthou net, wanneer jy hom dáárdie vraag vra, in sy antwoord lê jare se kundigheid opgesluit. Kom ons waardeer dit.

Goeie nuus, die galjoenseisoen is oop! Groete, Seemeeu

Hy sal weet

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant