'n Minderjarige meisie is Saterdagoggend om 09:00 deur twee mans naby Gansbaai se getypoel oorval en aangerand.
Sy het tydens die voorval op die grondpaadjie fiets gery. Daar het skielik 'n hand voor haar gesig verskyn en sy is van haar fiets afgeruk en teen die grond gegooi.
Die aanvaller het haar gesig toegedruk gehou. Sy het gehoor hoe hy en nog 'n man in 'n ander taal met mekaar praat. Een van hulle het haar gevra om haar selfoon vir hom te gee. Sy het dit styf in haar hand vasgehou en begin gil. Volgens die polisie se kommunikasiebeampte, Adj Off CW le Roux, het sy gevoel dat haar been lam word nadat die aanvaller haar met 'n bottelkop gesteek het. Een van die twee swart mans het toe na bewering vir haar gesê: "See you again," en op die vlug geslaan. Sy het mediese behandeling by 'n plaaslike dokter ontvang.
Die publiek word versoek om waaksaam in daardie gebied te wees, aangesien dit die tweede aanval daar was. Enige verdagte wat doelloos daar rondloop moet aan die polisie gerapporteer word. Enige persoon met inligting oor Saterdag se voorval word versoek om Adj Off G Hayes by Gansbaai Speurtak by 028 384 0201 te skakel.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More