Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga

Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga

Gansbaai Courant

Die toernooi waaraan besighede van Gansbaai deelgeneem het, het op 11 Maart 2014 ten einde geloop.  Die twintig spanne wat in die uitdunrondtes teen mekaar gespeel het, is in verskillende afdelings ingedeel volgens die posisies wat hulle op die punteleer beklee het om teen mekaar te speel om die algehele kampioen en die wenners van die plaat en skild afdelings te bepaal.  Die beste geklede span en die span wat die hardste probeer het, is ook aangewys.

Die uitslae is soos volg:

2014 Kampioen: L & S Motors: Juan, Theuns, Gallie en Nico – Spanbestuurder: Tommie van Niekerk.

2014 Plaatwenner: Zonart Gas en Braai: Stella, Leon, Bev en Clive – Spanbestuurder: Freddie van Eeden.

2014 Skildwenner: Lumber City: Juanita, Nico, André en Leon – Spanbestuurder: Derick Spearpoint.

2014 Besgeklede Span: Watertech Plumbing: Joana, Quintin, Venessa en Martin – Spanbestuurder: Jane de Villiers

2014 Span wat hardste probeer het: O.K. Foods: A.J, Gail, Nicolene en Aphiwe: Spanbestuurder: Cassie Smith.

Hierdie toernooi was seker die beste een wat deur Franskraal Rolbalklub aangebied is.  Behalwe dat dit goed georganiseer was, het die deelnemers 'n groot aandeel daarin gehad om dit 'n genotvolle ondervinding te maak.  Dit was 'n plesier om die geesdrif van die spelers te aanskou en mee te maak. 

Selfs die kinders wat hulle eie speletjies gespeel het tydens hulle ouers en vriende se kaperjolle op die perke, het bygedra tot die opgewonde atmosfeer wat geheers het.  Wie kan nog twyfel daaraan dat rolbal uitstekende vermaak vir die hele familie bied!

Daar kan nie nagelaat word om dank te betuig aan die organiseerder van die toernooi, Archie Chambers, die Spanbestuurders en die lede wat verversings en eetgoed voorsien het nie.  Dit het grootliks bygedra tot die sukses van die toernooi.

Franskraal Rolbalklub sê dankie aan al die deelnemers.  Ons hoop ons kan dit volgende jaar op  'n groter skaal herhaal.

Pieter Conradie

Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant