Die groep wat in Herberg-aan-See opgetree het, met vlnr Con Swart, Dirk Büchner, Eva Büchner, John van Rooyen (Bestuurder: HaS) en Magdel Eilers
‘n Groepie bekende plaaslike mense het sommer vir ‘n groot joligheid by Herberg-aan-See (HaS) gesorg. “Tussen die twee Tehuise, Huis Breda en Herberg-aan-See, kom ons so een keer per jaar bymekaar vir interaksie tussen die onderskeie inwoners,” vertel John van Rooyen, Bestuurder: HaS. Dirk en Eva Büchner van Huis Breda in De Kelders stem saam dat sodanige interaksie tussen die inwoners ‘n belangrike rol speel.
Die groep musikante wat vir die gesellige vermaak met opgewekte sang en musiek gesorg het, is Dirk (kitaar & sang) en Eva Büchner (sang), Magdel Eilers (klawerbord & sang) en die 83-jarige Con Swart (mondfluitjie & sang). Dan het Eva en Dalene Jooste verdere vermaak in die vorm van lyndanse (in Cowgirl-uitrustings) aan die twee Tehuise se inwoners verskaf. Die toeskouers het dit moeilik gevind om stil te sit en die voete en hande was die hele tyd ritmies aan die woel.
Vir navrae en/of ondersteuning kan Eva Büchner van Huis Breda by 079-319-1755 geskakel word en John van Rooyen van Herberg-aan-See by 028-384-0501.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More