Dit gaan nie so sleg nie

Dit gaan nie so sleg nie

Gansbaai Courant

Die paar mooi steenbrasse en nogal baie kabeljou wat die afgelope tydjie gevang is (baie hiervan van die kant af) behoort jou wraggies nie moedeloos te laat nie. As selfs ‘n hond sy steenbras van 10 kg aankeer sê dit mos iets van jou vermoë indien jy onsuksesvol bly! Daar is hier en daar ‘n geelbek gevang en die baie aasvis in die see tesame met die weer wat hengeltoestande behoort te verbeter, kan mens net optimisties laat. Veral by Franskraal, asook by die Gruis het galjoen gesig gewys en mosselkrakers is ook in dié omgewing gevang.

Die een ding wat moeilik is om te verklaar is dat die weerstoestande nie altyd tred hou met  die toestande op see nie. Dis dan moeilik om vooruit te beplan indien jy nie seker is hoe die see gaan wees nie. ‘n Windstil dag beteken nie noodwendig dat die see vriendelik gaan wees nie. ‘n Deurmekaar see en met boonop reën betrokke maak ‘n dag by die huis deurgebring nogal aantreklik.

Gelukkig is baie vet en groot hotties nog op die regte plekke te kry en met die huidige stewige petrolprys is dit ‘n goeie opsie. Enige tyd van nou af sal die kabeljou dieper gesoek moet word, maar op die oomblik is die Vlagpale nie ‘n slegte keuse nie. Onthou net wat die wettige maat is want daar is ook baie kleintjies en dit voorspel groot moeilikheid indien hulle geteiken word.

‘n Ervare skipper sal weet dat indien hy van ‘n klip of blok of wat ookal as wielstut gebruik maak wanneer hy sy boot te water laat, altyd die stut weer van die kaai te verwyder. In so ‘n geval word dit gewoonlik om veiligheidsredes gebruik. Dit beteken nie dat die voertuig se remstelsel noodwendig foutief is nie. Om die stut op die kaai te laat is egter ’n groot probleem indien iemand anders “launch” en dit beland ongesiens onder een van sy wiele. Dit kan dan groot skade veroorsaak en tot groot moeilikheid aanleiding gee. ‘n Vriendelike versoek: almal wat van soiets gebruik maak, maak asb. seker dit word nie daar gelaat nie. “Gentleman’s agreement” onder seegangers vereis dit in elk geval. Selfs kinders wat met klippe in hierdie gebied speel, moet na opgelet word. Terug by hengel, lekker vang!

Groete, Seemeeu

Dit gaan nie so sleg nie

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant