Goeie nuus

Goeie nuus

Gansbaai Courant

Boetie Bosman het hierdie mooi geelbek van 5 kg naby Teegat gevang. Soos gewoonlik (maar hulle tel mos nie!) het die heel grotes egter weggekom. Die roman, sê hy, is nie te versmaai nie.

Die goeie nuus is dat die geelbek uiteindelik hulle opwagting gemaak het. Daar is wel van die visse in die laaste tyd gevang maar kom ons sê maar dat jy een van die gelukkiges moes wees. As voorbeeld waarom dit nou baie beter gaan --  verlede Donderdag het daar minstens tien bote naby Teegat gelê en neem kennis daarvan dat heelwat geelbek daar gevang is. En dis mooi visse. Die seewind wat die laaste paar dae gewaai het het soos verwag, die opwinding veroorsaak. Wat ook baie welkom is is die makriel wat tussenin aangekeer is. Dat daar baie kleintjies was behoort jou nie af te sit nie. Selfs ‘n paar elwe is gevang. Of toestande so gaan bly is natuurlik ‘n ander saak, en indien die vooruitspelling korrek is, behoort  die weer hierdie week baie kalm te wees. (Dis nou  Saterdag en bietjie vroeg om so ver vooruit te voorspel).

Daar is net een manier om in die vangs van die geelbek te deel en dis om daar te wees! Dis ook ‘n ope vraag of die vis steeds naby Teegat gaan bly, en of die vis gaan padgee Punt se kant toe, en dan natuurlik behoort Die Eiland en Geelbekgat hulle kans te kry. Daar is wel in hierdie areas reeds gevang.

Die wind wat waai behoort ook jou keuse van plekke te beinvloed. Veral as die suidwestewind sy ding doen kan die water maar onbeskof word en sal jy moet seker maak jou vangplek is veilig. Kom die wind van die land se kant is die area normaalweg nie so woes nie. Veral wanneer jou plan is om vroeg see toe te gaan sal dit wys wees om van die windrigting seker te maak, asook die sterkte daarvan. Dis welbekend dat in teenstelling met kabeljou, geelbek van lewendiger water hou, so wanneer jy see toe gaan en geelbek in jou visier het, kwaaier water deel van die planne behoort te wees. Versigtig net!

NS. Dinsdag: Die mooiweer wat voorspel was is korrek. Dis lekker op die see  -- maar die verandering in die windrigting is op die oomblik nie juis ten gunste van geelbek nie. Maar dis amper volbloed winter en die “regte” wind vir hierdie doel sal binnekort oorneem en dan praat ons weer. Groete,

Seemeeu

Goeie nuus

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant