Gansbaai Sakekamer help met armoedeverligting:
Na aanleiding van ons besoek aan Mnr Alan Winde Wes Kaapse minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme op 12 November 2013, het daar onder andere navorsing ter sprake gekom wat gedoen is in agtergeblewe gemeenskappe in Mashakane. Dit is gedoen met die oog om hierdie mense in staat te kan stel om vir hulself voedsel (groente) te kan produseer. Werkloosheid kan aangespreek word en inkomste kan genereer word uit die verkoop van surplus voedsel.
Na die besoek aan die Minister het amptenare van sy Departement die Sakekamer in Gansbaai kom besoek. Aksieplanne is bespreek met tydskedules vir implementering op sekere datums. Tans is die projek in Masakhane voor skedule. Omdat die program baie entoesiasties ontvang en uitgevoer word, is verdere hulp met armoedeverligting aangebied deur die Departement in die Gansbaai gebied.Die amptenare het met die Sakekamer kontak gemaak om nog projekte in ons gebied te implementeer.
Aangesien hierdie projek spesifiek gefokus sal wees op skole, kleuterskole en bewaarskole wat hulp benodig met armoedeverligting, kan die Sakekamer gekontak word, wat die Departement in kontak met hierdie instansies sal bring.
Maak gerus gebruik van hierdie geleentheid wat aan ons dorp gebied word.
Kontak: Neels 083 446 7811.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More