Waar om te vang

Waar om te vang

Gansbaai Courant

Die vakansiegangers is met ons en vele van hulle sal seker dankbaar wees om rustig agteroor te sit en te lees oor wat die visvangposisie (ek sê met opset visvang, maar hengel is ‘n groot gedeelte daarvan) hier by ons is. Om dinge saam te vat, kan ek hulle inlig oor wat die situasie nou is.

Kom ons hanteer gou die hengelgedeelte eerste. Daar word nog kabeljou gevang, en hier in ons omgewing is dit steeds by Franskraal en die Gruis. Galjoen? Hierdie tyd van die jaar is die moontlikheid altyd daar en omtrent oral langs die kus kan probeer word. Onthou net daar is nog goed soos mosselkrakers, en afhangend van die weer nog ‘n boel ander spesies. Om ‘n bietjie by die manne met die lang stokke te bly, hoewel die weer in baie gevalle deurslaggewend is, kan jy met vertroue gaan lyn natmaak  --  die kans is altyd daar! Daar kan net gekyk word na die resultate van die hengelkompetisies wat onlangs deur die verskeie klubs gehou is. Noem maar op, kabeljou, steenbras, galjoen, roman, geelbek en nog baie ander. Die weer was nie altyd ideaal nie maar daar was nogtans mooi vis gevang. Bygesê, dit gaan baie help indien die aas die regte is.

Die bootmanne. Weer moet ons draai by kabeljou. Die amperbootjies veral, het baie goed gevaar. Almal weet ook dat die tyd nou aanbreek dat kabeljou se kind met die rowwer water aan die kom, dieper gesoek sal moet word. Maar met die see die regte kleur kan nog steeds na aan die kant probeer word. Daar is reeds van die ander vis soos geelbek byv., gevang. By uitsondering, geelstert. By die Vlagpaal is daar reeds mooi kabeljou aangekeer terwyl  makriel en elf ook gesig gewys het. Indien jy nog moet navraag doen oor waar om vir wat te gaan soek, is ‘n goeie idee om van die vet hotties, veral tussen die bamboes, te teiken. ‘n Ligte lyn is altyd aan te beveel. So bietjie dieper in kom die romanne en rooistompneuse aan die beurt. Daar is ook ordentlike silwervis raakgeloop, vang maar met langer lyn, dit gaan nodig word. Almal is maar altyd op die uitkyk vir snoek (nie die ou kleintjies nie), maar dié se opwagting is altyd onverwags en indien die woord versprei dat hulle in die rondte is, moet tog nie tyd verspil nie, en sorg dat jy op die water kom!

Daar kan nog oor baie aspekte van hengel uitgebrei word maar hopelik help die verwysings hierbo. Wat vir seker is  -- dis lekker op die water, dis lekker langs die water en selfs daaronder. Hou asb. die area netjies en tree alyd met respek teenoor andere op. Geniet dit.

Groete, Seemeeu

Waar om te vang

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant