Byt maar vas

Byt maar vas

Gansbaai Courant

Tot en met die afgelope naweek was die nuus nie so vreeslik opwindend nie. Die geelbek wat by die Eiland uitgeslaan het was blykbaar van korte duur en het al skaarser geword. As troosprys het kleiner kabeljou by die Vlagpaal gesig gewys, maar indien daar enige ordentlikes uitgekom het was dit ‘n staatsgeheim.

Gelukkig het die hotties darem besluit om ordentlik te byt en as toegif is daar heelwat van hulle gevang. Die uitstaande kenmerk was dat die see ‘n baie hoë graad van 18 gehad het en selfs ietsie hoër as 19 grade is uitgewys. Hoewel hierdie temperatuur op die oog af ideaal lyk is dit te hoog  --  dit blyk dat die vis lui raak om in die hitte te byt. Waaroor nie gekla kan word nie is indien die temperatuur so 14, 15 is. Selfs die vis in ‘n visdam sal nie nou kos inneem nie, kyk maar. Ons kan maar hoop dat die weersomstandighede(?) wat hierdie toestand veroorsaak nie gaan voortduur nie en ons dan behoorlik kan baljaar onder die vis. Geelstert is ook gewaar naby die Punt maar soos gewoonlik kon jy maar net kyk en lippe aflek  --  die vis swem agter jou gevange hottie aan en loer-loer so vir jou, maar byt, aikôna!
Die manne wat probeer vir kreef vaar eweneens nie goed nie. Daar is altyd die ouens wat jou vertel van die baie wat hulle, só maklik vang, maar wýs dan gesels ons weer. Nader aan die waarheid is dat jy hoor van net een of twee, drie in hóéveel nette. Nie goeie nuus nie. Dis welbekend dat kreef nie hou van warm water nie, en dit is mos ons probleem op die oomblik. Byt maar vas, dit sal beter gaan.
Groete, Seemeeu
 

Byt maar vas

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant