Overberg Kushengelklub

Overberg Kushengelklub

Gansbaai Courant

Die 2012-Topwenners van Overberg Kushengelklub, met voor vlnr Leibrandt van Niekerk (Wedstrydsekretaris), WP Viljoen (2012-Sportman), Frans Claassen (Voorsitter) en Rian Conradie. Agter vlnr is Sihan Toua, Maynard van Niekerk (Jnr) en Oubaas Lesch.

Bravo aan die "eenjarige" Overberg Kushengelklub met hulle eerste prestige prysuitdelingsfunksie verlede Saterdagaand. Die klub is op 1 Oktober 2011 gestig en het in 2012 met klubkompetisies begin, met die aantal klublede wat na 41 gegroei het.

Pragtige trofeë is deur die jaar geskenk wat vir 'n redelike groot verskeidenheid van prestasies voorsiening maak. (Dit is gewis pragtige trofeë, maar aangesien dit van glas vervaardig is, is dit moeilik sigbaar op fotos).

Die twee prestige-wenners wat met trofeë beloon is, is WP Viljoen (Sportman van die Jaar Trofee) en Oubaas Lesch (Voorsitterstrofee). Die res van die prestige-wenners van trofeë (rekords) is Rian Conradie (Kabeljou), Sihan Toua en Maynard van Niekerk Jnr (Witsteenbras), Jaco van Dyk (Galjoen), Jacques van Dyk (Kolstert) en WP Viljoen (Mossel-kraker). Die klub se Top 10 punteposissies vir 2012 sien soos volg daaruit: Wynand Viljoen (78), Mornè Olivier (61), Oubaas Lesch (48), Rian Conradie (47), Sihan Toua (35), Maynard van Niekerk Jnr (33), Maynard van Niekerk Snr (23), Louis Otto (19), Jaco van Dyk (17) en Jacques van Dyk (15). Maynard van Niekerk Jnr is ook aangewys as 2012 se Junior Hengelaar van die jaar.

In die middel staan WP Viljoen, Sportman van die Jaar, met links en regs van hom die trofee-borge, Gerrie en Okkie van der Merwe

Die aanvanklike Bestuurspan is onbestrede vir 2013 herkies en bestaan uit: Frans Claassen (voorsitter), Wynand Viljoen (onder-voorsitter), Rian Conradie (sekretaris), Maynard van Niekerk Snr (borg-koördineerder) en Leibrandt van Niekerk (wedstrydsekretaris). Die borge vir 2012 (alfabeties) wat opreg bedank is, is Car & Boat Wash, Diamonds, Fish Fever, Gansbaai Matte & Blindings, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Sport & Tackle, Gansbaai Superspar, Gansbaai Tops, Great White Shark Tours, Hermanus Liquor Store, Hoogstraat Slaghuis (Worcester), Kograh (Caledon), L & S Motors, Overstrand Makelaars, Seaview Restaurant, Tereson (Citrusdal) en Toshiba (Worcester).
Die tafels was pragtig gedek en versier onder leiding van Marlinda van Niekerk, en dan mag Stanley Ferreira en Andrè Crafford maar vleisbraai, want dit was vanuit die boonste rakke! 'n Smaaklike voorgereg is bedien, met 'n broodtafel en hoofgereg van braaivleis en slaaie. Een van die "kelnerinne" vir die aand was niemand anders nie as 2012 se Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill. Die aand het gesellig verloop en daar is sommer lekker saamgekuier ná die klub se eerste hengeljaar wat agter die rug is. Die klub se eerste kushengelkompetisie vir 2013 het ook verlede Saterdag plaasgevind. Die eerste voorlopers vir 2013 is Sihan Toua, Frans Claassen en Mornè Olivier. Hulle volgende kushengelkompetisie is vir 16 Februarie 2013 geskeduleer.

Oubaas Lesch (regs) ontvang die gesogte Voorsitterstrofee van Leibrandt van Niekerk van Overstrand Makelaars, die trofee-borg.

Vir enige navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.                      

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant