Hengel stel nie teleur

Hengel stel nie teleur

Gansbaai Courant

"Die hengelnaweek in Pearly Beach het verlede Saterdag bewolkerig begin en met stortreën geëindig," vertel Isolde Smith van Pearly Beach Rots- & Strandhengelklub. Hierdie weersomstandighede het egter geen invloed op die hengelaars uitgeoefen nie en sy sê hulle het die klub nie teleurgestel nie.

Altesaam 26 Kabeljoue is gevang, asook 'n behoorlike Steenbras, met ‘n totale gewig van 68.95kg.

Deon Strydom het tydens die hengelnaweek in Pearly Beach met die meeste punte weggestap met sy steenbras van 9.2kg.

Deon Strydom se Steenbras van 9.2 kg was die swaarste vis, terwyl Barry Muller se Kabeljou van 7.1 kg as die grootste kabeljou bekroon is.

Barry Muller spog met sy swaarste kabeljou (7.1kg)

Deon Strydom was eerste met punte, met Gans Bester tweede, Ferdi Joubert derde en Johan de Kock vierde. "Dit was weer eens 'n aangename dag met 'n gesellige samesyn na afloop van die inweegsessie," sê Isolde.

Vir navrae kan Isolde by 084-320-8613 geskakel word.
Hardus Botha

Hengel stel nie teleur

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant