Hengel Rubriek Soek jou vis

Hengel Rubriek Soek jou vis

Gansbaai Courant

Hoe gebruik jy jou boot om by die vis uit te kom? Hoewel ‘n visvinder en GPS amper onmisbaar geword het om jou vis op te spoor is die storie tog nie so eenvoudig nie. Op jou GPS het jy gewoonlik jou gunstelingplekke vasgepen en dis dan ook waarheen jy jou haas. Dit op sy eie is somtyds juis die probleem.

Ons is so gewoond om na die afgemerkte plekke te gaan dat die riwwe tussenin oorgesien word. Die plekke op die GPS is juis daar omdat dit met ‘n vorige keer goed gegaan het en ons aanneem die vis gaan weer daar wees. Wat wel waar is is dat dit gewoonlik ‘n area is waar dit heel waarskynlik ‘n plek is wat vir sekere vis aantreklik is en die kans groot dat die vis weer daar sal voorkom. Maar  as jy pal hierdie plekke opsoek mis jy ander gebiede wat net so of selfs meer geskik is.
Wat gebeur gewoonlik? Ons stel die GPS en gaan na sê maar, Romansgat toe. So genoem omdat ons op ‘n vorige keer roman daar aangetref het en dit vir ons voorspel hulle kan weer daar wees  --  en met reg! Maar dit werk nie altyd so nie. Die dag wil niks daar byt nie en roman se kind het gee pad. Nou moet daar gesoek word en dis nou dat die visvinder handig inkom. Maar hoeveel keer het dit nie al gebeur dat daar skole vis wys maar niks wil byt nie. Dis natuurlik die ander probleem, en sover is dit maar bespiegeling waarom dit gebeur. Òf die water is te koud, òf te warm, òf daar is ‘n storm aan die kom. Die stroom is te sterk, of die kleur van die water is nie reg nie, of een van die ander verskonings moet maar doen.

Dis darem te hope dat jy jou visvangplek uitgesoek het volgens die vis wat jy hoop om te vang en as dit kabeljou is sal dit sekerlik ‘n plek soos die Moddergate of Vlagpale wees. En selfs hierdie plekke moet sekere tye van die jaar verkies word. Anders sal dit nader aan die bamboes wees en sal plekke soos Haaiklip voorkeur kry. Hotties sal normaalweg tussen die bamboes en riwwe gevind word, dus gaan jy na ‘n verskeidenheid plekke wat aan hierdie vereiste voldoen en daar is baie van hulle!

Kom ons neem aan jy gaan soek jou hottie by een van hierdie gate  --  die water is redelik skoon en nie te koud of te warm nie en jy gaan lê eers op die dryf om seker te maak die vis is wel daar. Wat ‘n verlossing as jy reg geraai het en die vis begin byt! Maar, dit werk nie altyd so nie en kom ons neem aan daar is tog nie vis nie, nou moet jy kop gebruik. Moet nie heeltemal gee pad nie en skuif net bietjie aan. Probeer maar weer op die dryf. Dis nou te sê as daar nie ‘n vreeslike stroom is of die wind wil jou wegwaai nie. Dan is dryf baie onprakties. Dan maar aanskuif en jou visvinder dophou en hoop die goed gaan byt. Is jy wel gelukkig en gaan lê op die vis en hulle byt (jy het blykbaar die regte en vars aas), bly daar tot jou kwota vol is. Gaan hulle van die byt af is dit ‘n idee om die ankertou of te laat skiet, of in te trek in die hoop om weer die regte riffie raak te lê, of ten laaste maar weer te gaan soek. Al beteken dit hierdie keer ‘n heel ander plek. Daar is altyd die moontlikheid van ander vis wat jy normaalweg nie op ‘n besonderse plek v erwag nie, en dan kry die GPS weer werk!  En so het ons maar almal ons gewoontes. Lekker vang,
Seemeeu

Hengel Rubriek Soek jou vis

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant