Maak seker van jou aas

Maak seker van jou aas

Gansbaai Courant

Van die manne het reeds geproe hoe ‘n gebraaide galjoen smaak. Omstandighede behoort binnekort gunstig te wees  --  en dan gaan die rooster weer ‘n slag les opsê. Ek hoor al daardie drup-drup op die kole!


Kabeljou  --  “ek skat so 10 kg”, sê hy, word nog steeds by Haaiklip gevang, maar onthou, dis reeds Maart en die tyd om hierdie visse so vlak te vang, is haas verby.
Nou onlangs, op die boot, ‘n interessante ondervinding gehad. Dit was al of die vis sekere van die sardynaas bo van die ander verkies. Almal weet tog seker dat behalwe die kennis wat jy benodig, en natuurlik die korrekte plek, die grootste sukses-faktor jou ase is. ‘n Verskeidenheid sal altyd help met die regte aas as een van hulle.


Van die boot af, nou die dag, beland ons tussen ‘n skool vis. Wanneer so ‘n skool aan die byt gaan, vang jy hulle met omtrent enigiets, behalwe in hierdie geval, ‘n kaal hoek. Die sardynaas was komende uit dieselfde aasboks, maar van sekere daarvan wou hulle niks weet nie. Wat ek toe opgelet het was dat die ou sardyne, wat uitgedroog was, onaangeraak aan die hoek bly hang het. Die ander aas, nie so uitgedroog nie, maar amper heel pap, vang die een vis na die ander. Die feit dat die uitgedroogde sardyn na ‘n ruk heel skaflik aan die hoek vertoon, het nie ‘n punt getel nie en was as aas absoluut niks werd nie. Komende uit een boks beteken nie al die aas daarin is ewe oud nie!


Maak dus seker as jy weer see toe gaan dat jou visaas nog in ‘n goeie kondisie is en verseker dat jy nie om die verkeerde redes visloos bly nie. Dís dalk die rede waarom so baie vis op die skerm vertoon, “maar niks wil byt nie”. Met beter aas kon die storie heel anders daar uitgesien het!
Lekker vang, Seemeeu

Maak seker van jou aas

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant