Dames Potspelspan na SA Kampioenskappe

Dames Potspelspan na SA Kampioenskappe

Gansbaai Courant

Vlnr agter: Sharon van Minnen, Suzette Brand, Tanya Smit, Adele Venter (kaptein), Andrea Havenga, Suanne Hugo, Jackie Burger, Morne van den Berg (spanbestuurder). Vlnr voor: Susan Davis, Melanie Smit en Laetitia de Klerk.

Gansbaai se damespotspelspan sal die Westelike Provinsie Plattelandse Streke Span (WPCR) van 28 April tot 4 Mei in die SA Dames Potspel Kampioenskappe verteenwoordig. Die kampioenskappe word by Kleinplasie in Worcester aangebied. Die bestuurder van die span en eienaar van die Seaview Sportmans Pub, Morne van den Berg, is met reg trots op sy span. “Dit is die eerste keer dat ‘n WPCR damesspan vir die SA Kampioenskappe gekies is. Die span is almal Gansbaaiers en hulle verteenwoordig die Overberg Distrik wat die Strand en Gordonsbaai insluit. Die spelers moet hul eie kostes dek en enige borge of geldelike bydrae sal verwelkom word.

Adelle Venter kan in dié verband gekontak word by 072 101 3877.                              

Francois de Jongh

Dames Potspelspan na SA Kampioenskappe

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant