7 Eenheidsklasse se Sportdag

7 Eenheidsklasse se Sportdag

Gansbaai Courant

Verspring seuns o/15, almal van Gansbaai Primêr, met vlnr Riaan Pieters (2de), Izaak Jantjies (1ste) en Alberto Manuel (3de)

Die onlangse aanbieding van 'n Sportdag vir Eenheidsklasse (leerders met spesiale leerbehoeftes) op Gansbaai se Gemeenskaplike Sportgronde, was 'n geskiedkundige gebeurtenis vir Gansbaai.

Die Sportdag is op Saterdag, 11 April 2013 aangebied en die sportvelde was gevul met entoesiastiese deelnemers. Die Learner Support for Educational Needs (LSEN) het die dag moontlik gemaak en sewe skole se Eenheidsklasse, asook Mispah Skool vir LSEN, het aan die atletiekbyeenkoms deelgeneem.

"Om die entoesiasme en oorgawe van hierdie leerders te kon aanskou, was werklik 'n riem onder die hart en almal van ons het besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees en dít het die dag se harde organisering alles die moeite werd gemaak," sê Marieta Rademeyer, onderwyseres van Gansbaai Primêr se Eenheidsklas en organiseerder van die Spesiale Sportdag.

Edward Goliath van Gansbaai Primêr (1,500m)

Die baanitems waaraan deelgeneem is, was die 60m, 80m, 100m en 1,500m, met gewigstoot en verspring as die velditems. Goud, silwer en brons medaljes is onderskeidelik vir 1ste, 2de en 3de plekke oorhandig. Gansbaai Primêr se trotse medaljewenners is (alfabeties): Alberto Manuel (1ste - 1,500m; 2de - 800m; 3de - verspring; 3de - gewigstoot), Damian Damon (3de - 1,500m), Edward Goliath (2de - 1,500m; 2de - 200m), Izaack Jantjies (1ste - gewigstoot; 1ste - verspring; 2de - 100m), Mandoline Frans (2de - 100m) en Riaan Pieters (2de - verspring; 2de - 1,500m; 3de - 100m). Marieta hou graag die volgende bedankings (alfabeties) voor: Archie Abrahams en Andrè Loff (toerusting), Carrol Devitte (sportgronde), Corrie Avenant (vervoer van vrywilligers, afhaal van medaljes en afsit van baanitems), Denvar August (kalk van bane), Gansbaai Courant (beriggewing en foto's), Mnr Kobus Mike en me J Jafthas van die Dept Onderwys (teenwoordigheid en ondersteuning), Mnr Tommy Volkwyn en personeel van Gansbaai Primêr (hulpverlening), Rudi Johannes (borg van die medaljes), Secma Security International (veiligheid van verrigtinge) en Zydia Phillips (vele hulpverlening).

Die Eenheidsklas van Gansbaai Primêr se medalje wenners, met voor vlnr Damian Damon, Edward Goliath en Alberto Manuel. Agter vlnr is Mandoline Frans, Marieta Rademeyer (opvoeder) en Izaack Jantjies. Afwesig met fotosessie was Riaan Pieters.

"Met vele aspekte wat ongelukkig tydens die vooraf reëlings nie na wense verloop het nie, wil ek graag spesiale dank aan ons skoolhoof, mnr Tommy Volkwyn en Gansbaai Primêr se personeel oordra wat voluit ingeklim en gehelp het om te verseker dat die Spesiale Sportdag so suksesvol verloop soos wat dit beplan was om te verloop," sê Marieta.  

 Hardus Botha

Riaan Pieters van Gansbaai Primêr (gewigstoot)

7 Eenheidsklasse se Sportdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant