Robertson draf Black Leaves kaf

Robertson draf Black Leaves kaf

Gansbaai Courant

Delano Jacobs nael vir die doellyn vir ‘n skitterende drie.

Met die afskop van die Premierliga wedstryde in die Boland , het die vonke verlede naweek behoorlik gespat toe die groot kanonne mekaar gepak het.Van vonke spat gepraat, Robertson het Black Leaves se blare geskroei met ‘n wentelling van 47-24 (eina). Hopelik sal die Baai se blare nog kan herstel vir Ceres komende Saterdag (20April)  tuis.

Om gou eers verlede week se stryd in oënskou te neem-vanaf die afskop met Black Leaves aan die ontvang-kant was ‘n drie per minuut amper die voorland.
Toe die Baai van meet af ‘n lopie op tou gesit het wat amper tot ‘n vinnige drie gelei het, ‘n verbroude kans en Robertson kelder die Baai se skippie net daar met katastrofiese gevolge vir die Baai.

Die meer ervare span van Robertson het met passie gespeel en dit is wat grotendeels ontbreek het aan die Baai se kant. Twee vinnige drieë deur  Robertson het die gevaarligte vir die Baai laat flikker . Veral die feit toe Robertson Black Leaves se agterlyn geteiken het. Andersins het die jong agtal van die Baai hulle goed gekwyt van hul taak. Vir ‘n span wat nou nie met sy potensiële vyftiental speel nie en ‘n herbou –fase ondergaan, het Robertson al die druk op die Baai geplaas en jy kan  reken wat kan gebeur in so ‘n situasie; foute , foute en nogmaals foute. Jy sou wonder wat het deur die afrigter,Marcel Seconna, se kop gegaan met sy debuut. As hy nie nou al wil tou opgooi nie en besef daar is nog sewentien wedstryde oor  en dat daar geen rede tot paniek hoef te wees nie en hard daaraan sal werk om Ceres Saterdag ‘n loesing te gee. Oja, die feit dat die Baai nog spanbou (wat amper te laat is) gaan die uwe hom dan glad nie uitlaat om nou die manne te kruisig nie. Behalwe dat Black Leaves se agtal goed teenstand gebied het en goeie balle deur die skrumdkakel, Franco Fredericks is na ‘n agterlyn, wat maar net nie effektief kon vloei nie, gegee. Tog is daar 3 goeie drieë behaal wat ‘n bewys is waartoe hul in staat is. In die vaste skrums het Boetie Valentine, Rudiwaan Preslin, Bradwill Europa en Ronaldo Neuman(Nollies) gewoel op die aanval sowel as die verdediging. In aggenome dat daar nog manne soos Johan Strydom(Rooies), Daniel Dryer(Oom Frik), Wynand, Tokkie Wessels en Nollies is wat nog met hul terugkeer kan laat dreun voorlangs. Die uwe reken ondersteuners sou graag die nuweling, Brendan Cornelis (buitesenter) op heelagter van weë sy vaartversnelling wil sien. Black leaves se B-span verloor 3-18 en die c-span verdien  5 liga-punte aangesien die besoekers laat was.

Puntemakers A-span Drieë: Delano(1) Warnie Preslin(1) en Brendan Cornelis (1). Doelskoppe: Jaimerie(1) Evon Visse(2) Strafskoppe: Jaimerie (1)

Eerskomende Saterdag speel Black Leaves tuis teen Ceres RVK en die ondersteuners word gevra om die spanne te kom ondersteun. Die eerste wedstryd begin om 13.30nm, met die eerstepan wedstryd om 16:00nm. Laastens word die spelers weer eens versoek om hulle ledegelde(R150) by die bestuur te betaal, nie-spelende ondersteuners/lede (R100).

So sê Bra G 

Robertson draf Black Leaves kaf

Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant