Gansbaai Courant

Blog: Black Leaves se dankie

Published: 25 April 2013
By:Hardus Botha


Black Leaves Rugbyklub se spelers is met T-hempies deur Gansbaai OK Foods geborg, met Chris van Rensburg, mede-eienaar van Gansbaai OK Foods in die middel.

"Ons as die bestuurspan van Black Leaves Rugbyklub wil graag deur middel van Gansbaai Courant 'n groot dankie aan al ons borge en donateurs oordra," sê George Brett van die rugbyklub. "Die klub is reeds in 1974 gestig en vele borge en donateurs het oor jare heen bydraes tot die klub se voortbestaan en groei bygedra." Hy gee die versekering dat hierdie "karaktervolle spelers", elke naam, instansie of besigheid wat die klub akkommodeer en wat tot die opheffing van die klub bydra, ten volle ondersteun sal word. "Die klub sal ook nooit van verlede jaar se Helpende Hande vergeet nie," sê George. Hulle lig graag die volgende bedankings uit: Gansbaai OK Foods (2013 se hoofborg vir die T-hempde wat aan spanlede geborg is om voor en na afloop van wedstryde te dra); ABSA Streekkantoor; Gansbaai Mariene (kostes van Gollie en Bryan Hess tydens die SA Visfabriekwedstryde), Gregg Charsley van Gansbaai Scoops Ice Cream Parlour (borg van rugbyballe), Fish Lady, me Suzane Hans, me D Sauls en tannie Hettie, mnr en me Felix Wildschutte, mnr en me Moos Baardman, mnr en me Franco Fredericks en vir Tossie, Bradwill Europa, Duikboot Sauls en Warne Preslin (tellingborde langs die veld).                             

Hardus Botha

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...