Hengel bly maar uitsonderlik

Hengel bly maar uitsonderlik

Gansbaai Courant

Saterdag, indien jy die kans gewaag het om see toe te gaan, en die onstuimige water moes aandurf, sou vir baie interessanthede gesorg het.

Die manne wat aan die boothengelkompetisie deelgeneem het (almal Gansbaai uit) het eweneens hulle stories te vertel gehad. Kla kon hulle nie want oorgenoeg vis is ingeweeg en geelstert was maar een van die spesies. Oorspronklik moes daar maar rondgeval word maar elkeen het ‘n plekkie gekry waar die vis glad nie skaam was om te byt nie.

My eie ondervinding, toe ek besluit het om Kleinbaai uit te gaan, was weer iets anders. Met sulke growwe water het die keuse geval op die Moddergronde, omdat die water daar heel veilig voorgekom het. Bowendien kon die veranderende weer vis daar opgelewer het. Heel gou het die kabeljoutjies begin gesig wys met slegs twee wat “size” was. Die eienaardigste was dat net een van die bemanning suksesvol met dié visse was. Ons ander het droëbek moes toekyk. Intussen moes jy jou oog op die water hou want so nou en dan het ‘n brander vir ‘n gereelde stort gesorg. Dit was egter vreemd om deur middel van die visvinder te sien hoe baie vis (grotes!) net onder die boot deurswem, maar glad nie aan die vlak aas wil raak nie. Ek het egter geelstert as onwaarskynlik beskou  --  daar was geen voëls wat “gewerk” het nie. Die temperatuur was ‘n baie warm 18 grade.

Op die ou einde is ons vort om ‘n ander plekkie te soek en het sommer vlak by Kleinbaai-hawe ‘n belowende riffie gevind en anker gegooi. Vir ‘n wyle, geen vis nie en niks te vang nie. Na so ‘n rukkie het die prentjie verander en skielik het daar baie vis gewys en groot hotties het knaend begin byt. Ook groter vis bo-langs was volop, maar steeds wou hulle nie die aas vat nie. Die seevoëls het rustig, maar raserig om die boot rondgeswem. ‘n Paar haaie het skielik begin byt en toe raak die storie deurmekaar! Ons begin omtrent van alles vang en groot bloukoppies byt aanmekaar. Kort-kort word jou hoeke afgebyt en van die bloukoppies wat jy uittrek is gedeeltelik gestroop van hulle vel. Jou lyn is baie swaar wanneer jy begin optrek en dan skielik weer gewigloos. Indien daar dan soveel haaie was, waarom het die vis nie padgegee nie? Ek het later, by nabetragting, gedink dat die groot vis wat so vlak beweeg het tog maar geelsterte kon gewees het   --  hoekom móés die voëls dan op hulle werk? Snoek sou dit ook nie wees nie want dan sou hulle die aas gevat het. Ek beskou dit as ondervinding  --  volgende keer sal ek dit anders hanteer. Dit is mos wat hengel so uitsonderlik maak.

Groete, Seemeeu

Hengel bly maar uitsonderlik

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant