Daar word met jou kop gesmokkel

Daar word met jou kop gesmokkel

Gansbaai Courant

Wanneer die vis nie byt nie is daar gewoonlik logiese redes voor, bv. --  òf die water het as gevolg van die weer so verander dat die temperatuur so koud is dat geen vis in aas belang sal stel nie, òf die watertemperatuur is veels te warm sodat jy ook droëbek gaan sit. Jy sal natuurlik in gedagte hou dat kreef koue water verkies, terwyl as jy hotties jag warm weer die in-ding sal wees. Kabeljou is weer nie so vol nonsens nie, maar te koud sal ook ‘n probleem wees. Sterk strome? Haai se kos! Indien die water nie kleur het nie sal dit maar sukkel om ‘n kabeljou aan te keer terwyl geelbek normaalweg hulle opwagting maak na baie kwaai weer en terwyl die water nog omgekrap is. Galjoen verkies weer skuimerige water met bietjie kleur.

So kan mens aangaan en van die bogenoemde stellings gebruik om die omstandighede te ontleed wanneer jy see toe gaan. Die persoon wat ‘n onfeilbare formule prakseer en daardeur kan bepaal wanneer die vis gaan byt, gaan baie, baie geld maak. Die punt is dat, hoewel jy nie altyd kan seker wees wanneer die vis gaan byt, en wanneer nie, behoort die omstandighede van so ‘n aard te wees dat jy darem ‘n oordeel kan vorm wanneer dit gunstig is. Deesdae is dit nie so eenvoudig nie. Verskeie faktore laat twyfel of jou oordeel nog van waarde kan wees. Dit is so dat die wind normaalweg ‘n goeie aanduiding is oor wat die toestand van die see behoort te wees. Is dit nog so? ‘n Suidweswind behoort die see om te krap.  Met ‘n ligte suidoos behoort daar kalmte te wees. Jy kan nie meer daarop staatmaak nie.

Daar is ook ander vreemde verskynsels. Dit is asof jy jou vinger nie behoorlik daarop kan lê nie. Wanneer jy anker gooi en jou boot kan nie rigting vind nie en jou ankertou lê dan hier, dan daar en vind op die ou einde sy eie plek, is dit nie alledaags nie.  Dit is so dat windrigtings en strome hulle effek sal hê, maar ook met dit in gedagte, pla dit. Normaalweg wanneer ‘n haai opdaag waar jy op anker lê, sal die vis vir ‘n wyle padgee om dan later weer te begin byt. Maar wanneer die spul wild aan die byt gaan en jy omtrent enigiets so saam-saam vang, is daar ‘n haas iewers dood. Ken jy die see is daar ook ander verskynsels wat nie normaal voorkom nie. Selfs die seevoëls se gedrag is eienaardig. Is dit nie ook so dat die getye soms vreemd voorkom nie? Springgety is lankal verby dan is dit asof die water baie laer en ook hoër is as wat dit moet wees.

Daar is tog mense wat my siening deel en dit dan toeskryf aan veranderende tye en weerstoestande. Ander meen, “so is dit maar”. Nou ja, dan is dit maar so!

Vir die stokmanne  --  Die Damme het heelwat galjoen en krakers opgelewer. Die bootmanne weer, vaar heel goed naby die Birkenhead met mooi silwervis, roman en hotties. Daar het selfs ‘n baie mooi makriel kom hallo sê!

Geniet die see.
Groete, Seemeeu

Daar word met jou kop gesmokkel

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant