Gansbaai Courant

Blog: Tennisnuus

Published: 16 May 2013
By:Gansbaai Courant

Die 190+liga begin eerskomende Saterdag. Die Strandlopertjies (dames van die Gansbaai-omgewing, Emeke Stieger van Klipfonteyn1, Alta v Niekerk van Pearly Beach, Lisel Joubert van Franskraal en Lyn Bouchier van Stanford) speel die eerste wedstryd hier op ons tuisbane teen die Loslappies (dames van Napier en Riviersonderend). Hierdie wedstryde begin om 09:30 op die plaaslike Laerskool se bane. Sterkte aan ons dames.

Ongelukkig is daar nie vanjaar 'n mans-liga nie omrede te min spanne ingeskryf het.
Sosiale tennis sal ook Saterdagoggend vanaf dieselfde tyd gespeel word (net op die derde baan). Kom  ondersteun die dames en speel 'n potjie tennis saam met ons.
Daar is elke Woensdagoggend vanag 09:30 tennis by die munisipale bane. Enigeen wat belangstel, is welkom om saam met ons te kom speel. 

Tennisgroete.

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...