Stilte

Stilte

Gansbaai Courant

Wat ‘n voorreg om die see vroeg-oggend só te sien. Na die kwaai winde en deurmekaar water is dit vanoggend spieëlglad en nie ‘n windjie roer nie, en môre gaan dit weer so lyk. Dit beteken net een ding. Ek moet my “crew” voorberei vir môre se see-toeganery. Ek weet daar is baie manne wat dieselfde voel maar nie so bevoorreg is om op kort kennisgewing hierdie besluite te kan neem nie. Ek moet ook bieg, vir my is die hengel wat daarmee saamgaan ‘n groot oorweging en dit is ‘n pakket waaroor ek baie gelukkig is. Om ‘n boot see toe te neem en dan boonop al die visgerei te verskaf is reeds ‘n finansiële probleem wat ongelukkig in gedagte gehou moet word. Hoewel dit vir almal sekerlik groot genot moet verskaf net om op see te kan wees, moet dit vir baie iets beteken indien daar ook ‘n vissie aangekeer kan word. Dit sal dalk help indien ek ‘n idee kan gee waar om vir wat te gaan. Dit is soos die huidige situasie is en kan natuurlik handomkeer verander.  Ek praat nie van die kommersiële manne nie. Hulle het hulle eiesoortige situasies en probleme en antwoorde daarvoor, natuurlik. Dit is makliker om na vis te verwys wat nou by ons teenwoordig is en glad nie aan goed soos geelbek te dink nie.

Op die oomblik lyk dit asof die belowendste plek digby die Birkenhead is. Net ‘n vriendelike waarskuwing  --  wees baie versigtig! In hierdie omgewing is baie riwwe en die diepte van die water kan ook skielik verander. Baie mooi PW’s (rooistompneuse) word nou daar gevang met romanne tussenin. Ook die hotnotvisse is nog lekker vet en mooi groot. Met dieper water, wat so raak-raak aan die 60, 70 meter sal jy silwervis vind. En as jy nog nooit ‘n oulyf gevang het nie, nóú is jou kans. Hulle tyd is egter meer hier na Junie-maand toe.

Die vis waarvoor jy gaan probeer behoort jou besluit waar om te gaan, te beinvloed. Hotties, hou by die riwwe en bamboes. PW’s, riwwe, maar ook dieper water. Silwervis (ons praat nou van die groteres)  --  hou maar by die 50 meter en meer. Romanne sal jy so tussen-in vind, met ‘n voorkeur vir dieper water. Met veranderde omstandighede is daar plekke soos Joubert se Dam, om die Eiland, Haaibank, Moddergronde en nog baie ander. Hou kop en hou koers!

N.B. Onverwagse weerstoestande kan hengelverwagtinge en beplanning drasties verander. Groete,
Seemeeu      

Stilte

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant