Black Leaves is weer oppad

Black Leaves is weer oppad

Gansbaai Courant

Verlede Saterdag het Gerhard Steyn van Kekkel en Kraai pragtige wit oefening T-hemde as 'n borgskap aan Black Leaves se 1ste span oorhandig. Andrew Adams, Bemarkingsbestuurder van Black Leaves het die welkome T-hemde saam met die spelers in ontvangs geneem. Gerhard Steyn van Kekkel en Kraai staan 2de van regs saam met Pieter Jantjies, met Andrew Adams heel links tydens die oorhandiging van oefening T-hemde aan Black Leaves se 1ste span

Op pad waarheen dan? Na Saldanhabaai op Saterdag, 25 Mei, ná hulle nederlaag van 22-42 teen Hawston. Dit was welliswaar 'n gevleide telling vir die baai nadat die baai 'n goeie wedstryd gespeel het. Michael Erasmus en Lood Fourie het 'n groot invloed gehad met hul terugkeer en was goed geolie. In die scrums het Hawston die baai veral laat les opsê, andersins was daar goeie rekenskap gegee. Al aspek wat die span nou kliphard aan sal moet werk, is hulle eerste lyne van verdediging. Daar skort nog heelwat wat fiksheid betref. Tog het Hawston dit aan hul bas gevoel deur goeie lakwerk van die baai. Dit sal alles niks help as die baai nie Saterdag teen Saldanha die bal in die hande kry nie. Die uwe wil gou Plan B soos volg deurstuur: Lood en Nollies op die senters, Evan op heelagter, Jamery op losskakel, Flippies sal moet plek maak vir Eli op slot, "try" vir Gollie op No.8 en begin Bradwill op haker. Jammer van Kaffer (oopkant flank) se handbesering, andersins is dit nou ideaal om Johan in te bring, veral vir sy rol wat hy in die tweede span vertolk het. Hy is sterk en het die Hawstoners se aanvalle behoorlik gestuit en hy doen ook goeie werk op die grond. Daar word nog min van Delano gesien, andersins gee Melk nog elke week sy beste. 'n Verdeging-speelpatroon moet gelewer word, tensy daar nie vinnig na 'n aanvalspatroon teen Saldanha en vorentoe omgeswaai word nie. Hieruit sal niks wys gehaal word tensy alle oefentoerusting gebêre word en daar kliphard oefen kontaksessies gehou word nie. Black Leaves, Saldanhabaai kan op hulle tuisveld verloor, net soos dit die geval verlede Saterdag teen Ceres (29-30) was, of wat sê julle? Gaan Saterdag uit en bewys julsef en, hoor hierso…."finish en klaar!" Hiervoor gaan ons die bus volpak, of hoe ondersteuners? Hou die moraal hoog en moenie "rattle" nie. (Berig verkort - Red.)

So sê Bra G 

Black Leaves is weer oppad

So se Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant