Wat is dit in Afrikaans

Wat is dit in Afrikaans

Gansbaai Courant

Laas week was die bote net so deurmekruis soos die weer. Hoewel daar vroeg in die week geelbek gevang is en die ouens dadelik see toe is met die opklaar van die weer, was die vangery maar treurig. Aan die vlak kant het die klein hotties jou opgevreet, maar dieper in het dit heel goed gegaan met Johan Henn en sy boot, Kath-lean. Hulle kon darem spog met mooi romanne, PW’s en hotties. Die silwervis was egter skaars. Hierdie tydjie wat nou aanbreek sal moet opmaak!

Hierdie week wyk ek af van die normale hengelrubriek om ‘n nuwe toevoeging bekend te stel. Wanneer na Afrikaanse hengelterme gesoek word is daar altyd ‘n geskarrel. Sommige woorde kan in die woordeboek voor gesoek word maar daar is baie Engelse termes waarvoor nog geen erkende vertalings voor bestaan nie. Elke week van nou af gaan daar so ‘n paar Engelse woorde verskyn met daarby die voorgestelde Afrikaanse vertaling. Dit mag egter nie die korrekte of beste keuse wees nie en dit sal verwelkom word indien daar enigeen is wat kommentaar wil lewer of nog beter, sy of haar eie bewoording wil weergee. Van hierdie bewoording het reeds in die tydskrif “Aas is die Geheim” verskyn. Daar sal, wanneer ons opsies ten einde loop, ‘n volledige lys geplaas word van beide die Engelse sowel as die Afrikaanse weergawes. Dan sal enigeen sy keuse kan uitoefen wat om te gebruik. Dit behoort vir almal wat byv. wil skryf, of ‘n rubriek behartig of dan net soek vir die Afrikaanse woord, handig te pas te kom. Hou in gedagte dat daar op enige van die plasings reaksie kan wees, al is dit al ou nuus. Enige woord wat sin maak en aanvaarbaar is sal  by die lys gevoeg word. Ons sal seker nog altyd uit gewoonte praat van “triptou” en “spinner”, maar sal dit nie lekker wees om te weet daar is wel ‘n opsie nie? Speel gerus saam!

Van volgende week verskyn die hengelrubriek soos gewoonlik, met die genoemde vertaling onderaan.

Voorstelle van vertalings
Coffee grinder  reel - meulkatrol
Spin - lepelgooi
Trip line - breeklyn/ breker/ skakel
Floating bait - dryfaas
Jig  (for chokka) - tjokkahaak
Grapnel sinkers -  sandsinkers
                          1.grypsinkers (soms met draadhaak)
                          2.piramide-sinkers

Wat is dit in Afrikaans

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant