SA Ope Dames Potspel Kampioenskappe het die Overberg

SA Ope Dames Potspel Kampioenskappe het die Overberg

Gansbaai Courant

Vlnr agter: Laetitia de Klerk, Susan Davis, Suanne Hugo, Melanie Smit, Jackie Burger, Andrea Havenga en Sharon van Minnen.
Vlnr voor: Fernando (ref), Adele Venter (kaptein), Morne van den Berg (bestuurder) Tanya Smit, Suzette Brandt en Juan Havenga (ref)


Gedurende die pas afgelope SA Ope Dames Potspel Kampioenskappe het die Overberg sone vir die eerste keer sedert die toernooi 23 jaar gelede  ‘n  aanvang geneem het , hul eie damesspan ingeskryf. Wat merkwaardig was, is dat al die dames wat onder die vandel van Western Province Country Region speel , van Gansbaai afkomstig is. Dit is  ‘n  groot prestasie. Die span het 13de geëindig maar daar moet in ag geneem word dat daar teen al die provinsies deelgeneem was, asook dat dit die span se eerste SA Ope Kompetisie was. Spesiale melding moet gemaak word van Susan Davis wat uit 264 spelers in die halfeindstryd in die enkelspel afdeling uitgeval het. Dit maak haar tans die nommer 4 gekeurde damesspeler in die land. Baie geluk ook aan Sharon van Minnen wat  15de in die spankompetisie uit 158 dames geëindig het.

Baie dankie aan al die borge naamlik Steven Chambers, Gansbaai Superspar , Liquor Land (Johan Bester), Distell en alle bydraes van kliënte en vriende. Daar word beoog om volgende jaar weer  ‘n  damesspan te stuur en alle belangstelledes kan Adele by 072 101 3877 kontak.

SA Ope Dames Potspel Kampioenskappe het die Overberg

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant