Universals ontvang rugbyballe

Universals ontvang rugbyballe

Gansbaai Courant


Universals Voetbalklub in Stanford ontvang rugbyballe, met vlnr Johannes Oktober, Charl Henn (borg), Cornelius Booysen, Israel Spandiel en Wayne Theron (borg)

Die Universals Voetbalklub van Stanford het op 19 Junie Gilbert-rugbyballe vanaf En Route Insleepdienste ontvang. “Ons wil Jaco Truter en sy span graag vir hulle bydrae tot die klub van harte bedank,” sê Graig Niemand van die klub. “Voorspoed word aan En Route Insleepdienste met hulle puik diens wat hulle aan die gemeenskap lewer, toegewens.” Die rugbyballe is deur Charl Henn en Wayne Theron van En Route Insleepdienste oorhandig, met Cornelius Booysen (voorsitter), Johannes Oktober (sekretaris) en Israel Spandiel (kassier) wat dit namens Universals Voetbalklub in ontvangs geneem het.

Die klub is reeds in 1899 gestig en sal hierdie jaar hulle 114ste bestaansjaar vier. Hulle speel in die Bolandse 1ste Liga, asook die Middellande-Liga wat uit 10 spanne bestaan. Tans is daar twee volledige spanne in die klub en hulle oefentye is Dinsdae, Woensdae en Donderdae vanaf 18:00. Belangstellendes, ook ten opsigte van borgskappe, kan die voorsitter, Cornelius Booysen by 078-961-7792 skakel.

Hardus Botha

Universals ontvang rugbyballe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant