Gholfnuus

Gholfnuus

Gansbaai Courant

Verjaarsdae:  Ds Dirk van Dyk 2e, A Olivier 2e & JT Kruger 3de Julie.  Baie hartlik geluk, en ons mooiste wense vergesel julle!

Persoonlik:  Ons dink baie aan Ina Strydom wat siek is – ons bid vir jou, Ina.  Hoop dit gaan gou beter.

Donderdag se Sloegterskompetisie was gewen deur Dawie Viljoen met 36 punte, gevolg deur Jakkie Beukes 34, Clive Bailey 34, George Hunt 31, Andre Roos 30, Solly Wessels 30, Walter Strydom 29, June Rahn 28, Bernard Olivier 27, Royce Woods 22.  Naaste aan die penne was Dawie Viljoen op no 2&11, en Jakkie Beukes op no 8&17.  Clive Bailey teken ‘n  Spog Twee aan op putjie no 15.

Vrydag was daar geen kompetisie nie as gevolg van die weer, en die ledetrekking word oorgedra na volgende week.  Op 5 Julie het ons weer ‘n  ete vir die lede.

Saterdag was dit die Castle Light Borgdag, en ons harlike dank aan hulle vir die pragtige pryse – ons waardeer dit baie. Ons was gelukkig genoeg om ook spesiale pryse van kaartjies vir die Super 14 op Nuweland, waar die Stormers & Cheetahs speel, gekry het van Theuns Roodtman.  Baie dankie, Theuns – dit word werklik baie waardeer.

George & Victor Hunt

Die wenners was George & Victor Hunt met 50 punte, gevolg deur Christo Spanellis & Victor Hunt 49, Leon Hattingh & Sextus Neethling 47, Andre Gouws & Daniel vd Merwe 46, Johan Stander & Senekal Dreyer 43, Melvin Tobias & Danie van Zyl 43, Joe Cesare & Jan le Roux 43, Bobby & Jannie Brandt 43, Rob Jerrard & Frances McIntosh 43, Johan Coetzee & Walter Strydom 42. 

Naaste aan die penne was Daniel vd Merwe op no 2&11, Frances McIntosh op no 8&17 en Theuns Roodtman op no 15.
Spog Twee’s word aange-teken deur Danie van Zyl (2), George Hunt (8), Melvin Tobias (11), Johan Stander (17), Jannie Brandt (15), Christo Spanellis (17) and Francis McIntosh (17).

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n  Enkel Stableford.

Klub/Club:  028 384 1441 Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534 Johan Coetzee

Gholfnuus

Johan Coetzee

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant