Overberg Kushengelaars se suksesse

Overberg Kushengelaars se suksesse

Gansbaai Courant


“Die manne met die visse”, met vlnr Louis Otto (grootste vis en swaarste sak), Oubaas Lesch (steenbras en galjoen), Maynard van Niekerk Snr (galjoen) en Morne Olivier (galjoene)

Kushengelaars moes die afgelope Saterdag in pragtige weersomstandighede golwe van 5 meter trotseer om hul geliefde sport te beoefen. “Ek verwys natuurlik nou na Overberg Kushengelklub se maandelikse kompetisie wat hier in ons plaaslike waters gehou is,” vertel Frans Claassen, voorsitter van Overberg Kushengelklub. Die manne het ook spoggerig in hulle nuwe klubklere vertoon, wat deur Frans gereël is. Weer eens was dit ‘n  baie geslaagde kompetisie waar die aanhouers en uithouers so teen laatmiddag met goeie vangste beloon is. Die dag is gewen deur Louis Otto met n mooi witsteenbras en 2 vet galjoene. Louis se steenbras van 3.5kg was ook die swaarste vis vir die dag. “Met hierdie vangs het Louis ‘n  duursame sandpen van vlekvrye staal gewen wat deur Fourie Meganiese Dienste geborg is,” sê Frans. “As wenner vir die dag kan hy en vroutjie heerlik in Gansbaai hawe by ‘The Boathouse’ restaurant gaan smul!”

The Boathouse restaurant borg die klub se kompetisiewenners vir die res van die jaar. Saterdag was dit die sesde kompetisie vir die jaar en die volgende hengelaars (alfabeties) is behoorlik in wedywering met mekaar om die voorste posisies te bekleë: Arno van der Merwe, Louis Otto, Maynard van Niekerk (Snr), Morne Olivier, Oubaas Lesch en Sihan Toua. Die aand ná die dag se hengel-opwinding is op die gebruiklike manier met ‘n  gesellige saamkuiergeleentheid afgesluit. Die Klubbestuur dra graag hul dank oor aan Rian Conradie en Antjie Claassen vir die lekker sop (met baie vleis) wat voorgesit is, met die varsgebakte brood en korrelkonfyt wat ook ‘n  wenner was.

Tans is die klub hard aan die reëlings tref vir hul kompetisie in Stilbaai gedurende September. Gerrie van der Merwe van Battery Centre in Kuilsrivier het ruim geborg om hierdie kompetisie teen Stilbaai moontlik te kon maak. Dit sal terselfdertyd ook die klub se eerste familie-naweek wees, wat nou ‘n  jaarlikse instelling gaan word. “Ek wil almal baie geluk wens met die mooi vangste….en gaan kyk ook gerus na ons Facebook-blad vir foto’s,” sê Frans.

Vir navrae rakende Overberg Kushengelklub kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n  epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Overberg Kushengelaars se suksesse

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant