Soek en jy behoort te vind

Soek en jy behoort te vind

Gansbaai Courant

Ons  is al in Julie-maand en die visopbrengs was maar treurig sover. Daar kan regtig nie na die weer gewys word nie, want ons kan daaroor nie kla nie. Daar is omtrent elke week voorspel dat omstandighede nou reg is en ons kan maar ons hengeltande wys  --  verniet. Al wat tot dusver  oor ‘n lang periode nie teleurgestel het nie was hotties, silwervis en rooivis. Wat die silwervis aanbetref is dit mos nou sy tyd en as jy by die dieper gate gaan loer gaan jy nie droëbek terugkeer nie. Daar is mooi visse en die kleintjies is, soos gewoonlik, aan die vlakker kant.

Die twee manne, net bekend as Yazeed (links) en Ikraam (regs), by galjoen, steenbras, elwe en ‘n kabeljou wat hulle Saterdagoggend vroeg by die Gruis gevang het.    Wys jou net!

Vir die manne wat nog nie aan hierdie dieper water se vangery gewoond is nie, moet ek tog die volgende  waarnemings uitwys. Soos die manne hier rond al aan gewoond is gebruik jy ‘n ander tegniek wanneer jy in vlakker water vang. Dis aof die vis se byt dan  beter gevoel kan word en dan is die vasslaan ook anders. In dieper water weer, en veral as dit kom by silwervis, waar jy vang in so 60 meter water hang die vis dikwels nog voor jy dit voel byt het en wanneer jy besluit om op te trek, is die gewig getuie daarvan dat daar ‘n vis of twee hang. Hieruit sal ‘n man wil aflei dat daar nie soveel tegniek verbonde aan hierdie dieper vangery is nie, en ek glo dit is so. Maar hoe verduidelik jy dit dan dat die een man pal meer as die ander vang  --  dalk die manier van hengelgerei-voorbereiding? Ek  glo tog dat, daardie “swaaar” gevoel aan die lyn ook waarneembaar is en ‘n sekere tegniek vereis.

Die kommersiële manne het so hier en daar iets kon wys, maar die vang van haaie was baie meer betalend. Brandstof is nou so duur dat ‘n man maar moet bespaar waar jy kan en so ekonomies moontlik moet probeer werk. Vir almal se onthalwe moet ons hoop en vertrou dat die vis wat ons so lank al verwag is wel binnekort sal opdaag.

Die stokmanne vaar baie beter en dis natuurlik weer ‘n ander storie. Gister het iemand met my kom gesels en so terloops genoem dat hy darem al so twaalf galjoen aangekeer het. Dit kan net gedoen word indien jy weet wat jou te doen staan, en dit behoorlik doen. Vir die hengelaar wat so terloops langs die water beland en hoop vir die beste, klink dit bra onwaarskynlik. Glo my, dis waar. Daar is ander manne wat met meer spog.

Op hierdie noot, lekker vang! Seemeeu

Die volgende hengelterme:
Cast in - ingooi
Crank bait - slingeraas
Float (for anchor) - opblaasbottel, dobber
Swivel - draaispil
By sliding big bait on non-return slides - met die gly van groot ase en spil wat beweging slegs in een rigting toelaat
Spin  --  lepelgooi 

Soek en jy behoort te vind

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant