Gholfnuus

Gholfnuus

Gansbaai Courant

Verjaarsdae:  Johan Swart 13, Ilse Meyer 13, Dirk du Toit 15, Monte Maritz 15, Johan Stander 17 – veels geluk met jul verjaarsdae, ons wens julle net mooi dinge toe!

Donderdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Rupert Roux 38 (borg: Hermanus Liquor Store) gevolg deur Solly Wessels 38, Joe Cesare 37, Paul Dippenaar 36, John Thompson 36, Daan Victor 35, Rob Jerrard 35, Jakkie Beukes 34, June Rahn 34, Royce Woods 32.  Naaste aan die penne was Andre Roos op no 2&11, John Thompson op no.8&17 en Bev Swart op no.15.  Spog Twee’s word aangeteken deur Andre Roos (11), Bev Swart (8) en Rob Jerrard (8 & 17).

Vrydag se kompetisie (borg: OK Foods) is gewen deur Leon Hattingh met 19 punte.  Die ledetrekking is gewen deur Rupert Roux – veels geluk, Rupert!  Die lede het lekker gekuier en is bederf met absoluut heerlike smulgoed:  Ertjiesop van Bev & Stella en Awie & Ria se brood.  Mense, dit was heerlik!  Ons hartlike dank aan hierdie vier lede wie altyd gereed is om te help met lekker eetgoed.  Ons waardeer dit baie en sien al klaar uit na die volgende keer!

Maandelikse Houespel Wenner, Solly Wessels saam met Johan Coetzee

Saterdag se kompetisie was die Maandelikse Houespel, en dit word gewen deur Solly Wessels met 69 net (borg:  Kleinbaai Motors), gevolg deur Bobby Brandt 70, Dawie Viljoen 73, John Thompson 75, Daan Victor 76, Louis vd Vyver 78, El Matthee 78, Dawie Rossouw 79, Jannie Brandt 80, Jakkie Beukes 80.  Naaste aan die penne was Dawie Rossouw op no 2&11 en John Thompson op no 8&17.  Daan Victor teken ‘n  Spog Twee aan op putjie no 17, en Rupert Roux teken ‘n  Arend aan op putjie no 6.

Volgende Saterdag se kompetisie is die Beeskraal Ope, geborg deur Zonart en die formaat is ‘n  Enkel Stableford.

Klub/Club:   028 384 1441 Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534 Johan Coetzee

Gholfnuus

Johan Coetzee

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant