Krioelende Vakansieprogram

Krioelende Vakansieprogram

Gansbaai Courant

Die rugbyveld van Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde het verlede Dinsdag behoorlik soos ‘n  oopgekrapte miernes gelyk. “Gaan kyk bietjie wat is daar aan die gang, dit lyk na ‘n  pragtige inisiatief,” het Roelof Diener se opgewonde stem oor die foon gekom. Die “oopgekrapte miernes” was toe inderdaad ‘n  pragtige en gekombineerde jaarlikse inisiatief deur Gansbaai Munisipaliteit en die Football Foundation, met die ondersteuning van ABSA onder die vaandel van die Barclays Spaces for Sport.

“Die afrigters van die munisipaliteit en Football Foundation bied tydens elke skoolvakansie hierdie 4-dag vakansieprogram aan,” vertel Carol Devitt. Sy sê sy het vir sowat 180 kinders reëlings getref, maar toe die name op die laaste nippertjie instroom, moes sy bontspring aangesien ‘n  rekordgetal van sowat 250 kinders opgedaag het. “Die primêre doel van die vakansieprogram is om die kinders van Gansbaai en omgewing die geleentheid te bied om aan konstruktiewe sportaktiwiteite gedurende vakansietye deel te neem,” vertel sy. “Dit is algemeen bekend dat werkende ouers dit soms moeilik vind om ‘verveelde’ kinders besig te hou.” Spanbouspeletjies, boeresport en ‘n  verskeidenheid van sportsoorte en oefeninge word aangebied, ingesluit ‘n  middagete wat elke middag op die “uitgeputte” jongelinge wag.

Hardus Botha

Krioelende Vakansieprogram

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant